question-circle Help asb! Jeuk Jeuk Jeuk!

16 years 2 months ago #89787 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:Help asb! Jeuk Jeuk Jeuk!
Natsie, ek weet hoe jy voel! Ek het my hele lewe lank gejeuk agv 'n kos intoleransie wat verkeerd gediagnoseer is.

Goed wat help vir jeuk:

Bad in rooibos tee, dis 'n natuurlike antihistamien. Drink ook baie rooibos tee. Dis gelukkig heeltemal veilig en goed vir jou terwyl jy swanger is.

Smeer baie room, soos wat hulle gese het, jeuk word vererger deur droee vel. Gebruik 'n room wat nie jou vel verder kan irriteer nie. Iets wat gekleur en gegeur is, kan dit erger maak.

Moenie krap nie, ek weet dis insane, maar krap maak dit regtig erger.

Bly weg van water af, hoe natter jy is , hoe meer jeuk jy. Beperk bad tot een keer 'n dag en moenie seep gebruik nie, net rooibos tee.

Sterkte girl!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89767 by *Joli*
Replied by *Joli* on topic Re:Help asb! Jeuk Jeuk Jeuk!
Natsie - ek het presies dieselfde gevoel so paar weke terug! Ek was dokter toe vir dit en dis hoe ek toe uitgevind het ek is swanger. Anyways, hy het my toe op 'n mild antibiotika gesit en ook pilletjies voorgeskryf vir die jik en gese ek moet dit net drink as dit vreeslik jik omdat dit nie goed is vir die baba nie. Ek kan nou nie die pilletjies se naam onthou nie, maar dis sulke klein wit pilletjies. Hulle kon ook nie vir my se wat dit is nie, net dat dit 'n vel infeksie is. Myne het so oor my lyf versprei en so rooi en opgeswel gelyk en hoe meer jy krap hoe meer jik dit en dan verdwyn dit en dan slaan dit iewers anders op jou lyf uit. Ek weet hoe terrible dit voel. Gaan terug dokter toe of vel spesialis en vra hulle om vir jou iets te gee vir die jik.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #89761 by Natsie
Hi daar almal ek het laasweek Dinsdag (3 Aug) met hierdie vreeslike jeuk opgestaan! My hele lyf jeuk! My bene my boude my arms, maag, borste rug nek ag julle alles! Julle dis vreeslik erg dit voel al asof ek my vel wil afruk! Ek was die Woensdag (4 Aug) by my Dr sy het bloed toetse gedoen en alles het skoon trug gekom, met die gevolgtrekking dat dit hormonaal is en dit net droe vel is en dat ek net aquaous room moet aansmeer, maar dit werk nie dit bly jeuk en ek word in die nag wakker daarvan en my handpalms en voetsole het ook nou begin jeuk! Ag as daar dalk enige van julle is wat enige raad het sal dit hoog op prys gestel word want ek kan nie sien hoe ek nog 2weke so kan loop nie gister aand gehuil toe ek wakker word want as ek krap dan begin dit brand en dis net baie seer! Ek het al Canalba topiese room aan gesmeer maar dit bly net jeuk! Ek weet nie meer wat om te doen nie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account