Hoe oud is jy?
33 Jaar
Kinders se name en ouderdomme:
Maunice 14 Michaela 11
Waar in Suid Afrika bly jy?
Gauteng. Johannesburg.
Waarom het jy besluit om aan te hou werk?
Ek en my man bestuur saam ons besigheid. Ek doen die admin. Ons moes ons kantoor huis toe skuif omdat ons jongste dogter , toe twee jaar oud 'n skeidingsvrees ontwikkel het na my boetie se dood. Hul het by my Ma gebly terwyl ek gewerk het by ons kantoor en groter sus was in 'n speelgroepie.
Was dit uit vrye wil of weens finansiële redes?
Ek het gekies om die Admin van ons besigheid te behartig om iemand aan te stel net nog 'n uitgawe sou wees.
Hoe oud was jou kinders toe jy weer begin werk het?
Voor ons eie besigheid toe ek voorheen by 'n firma gewerk het was my oudste dogter ses weke oud toe ek weer begin werk het en met my tweede dogter het van sy drie maande oud af by my Ma gebly.
Hoe lank het jy kraam verlof gehad?
Ses weke met my oudste dogter
Hoe het jy gevoel toe jy weer moes begin werk het?
Dit was nie lekker om haar te los nie maar dit was makliker vir my want ek geweet sy is in goeie hande omdat my Ma na haar toe gekyk het.
Hoe belangrik is 'n loopbaan vir jou?
Ek wou graag deeltyds verder studeer het en vir my 'n loopbaan bou maar ek was swanger in my tweede jaar wat ek begin werk het. En het toe die jaar daarop ons eie besigheid begin en nooit daarby uitgekom nie. As ek moet kies sal ek weer kies dat dinge uitwerk soos dit het en dat ek meer tyd as voltydse werkende mammas by my kinders gehad het.
Hoe handhaaf jy 'n goeie balans tussen ma-wees en werk?
Ek sukkel maar nog daarmee. Ek sal nog besig wees met huiswerk saam die kinders dan onthou ek van 'n e-pos wat ek nie gestuur het nie dan gaan doen ek dit gou.
Het jy geborsvoed toe jy weer begin werk het?
Ek het glad nie geborsvoed nie.
Wie kyk na jou kinders gedurende die dag?
Hul is by die skool en dan by my. Toe hul kleiner was en ons kantoor huistoe geskuif het was hul heeldag by my.
Wat is jou werks-ure?
Ek het nie vaste werksure nie maar is meestal agter my rekenaar tussen 8:00 en 13:00
Wat is die mees rewarding deel van jou dag?
As ek en my gesin om die tafel sit en eet in die aand en gesels oor ons dag. En ook as ek in die bad klim na 'n lang dag.
Het jy hulp by die huis?
Ja net maandae en donderdae.
Dink jy dit is moeiliker om van die huis af te werk as vanaf 'n kantoor?
Ek dink dit is bietjie moeiliker omdat daar soms so baie balle is wat gelyk in die lig gehou moet word maar dit het ook sy voordele. Omdat my kantoor ure nie vas is nie het ek nog nooit 'n wedstryd of iets van my kinders gemis nie en het ek die voorreg om hul self heen en weer te ry waar nodig. (Al is dit soms baie uitputtend)
Watter uitdagings hou dit in vir 'n ma wat van die huis af werk?
Ek dink die grootste uitdaging is om balans te handhaaf en te weet waneer om die rekenaar af te skakel.
Also read the story of this working mom as part of the Change Exchange on Brightrock. She says: "Working mothers incur an “energy debt” in the first four to six years of their children’s lives. We go into the ‘red’ and don’t acknowledge or even recognise it, beyond the feeling of exhaustion. Everyone, ourselves included, just expects us to get on with it."
