Ma van die week...Munique Schwab Featured

Munique Schwab, 'n Moomie ma, vertel hoe dit is met 'n peuter, kleuter en tiener in die huis.

 

Beskryf kortliks jou drie kinders se persoonlikhede:


My 13-jarige is my drama queen, vandat sy klein baba was tot nou toe. My kleuter (3) is my monster, seuns is baie anders, ek het dit nooit geglo as mense dit vir my sê nie. Hy is heeldag en aldag besig en wil alles doen wat hy nie mag doen nie, toets my meeste van die tyd. My 15-maande-oue dogtertjie is my fyn kind. Alles van haar is klein, maar soos hulle se dynamite comes in small packages. Sy probeer by bly met haar boetie, ek vra gereeld vir my man of sy weet sy is net 15 maande oud.

Ten opsigte van kinders grootmaak, roetine, ens., wat doen jy nou anders met jou derde kind as wat jy gedoen het met jou eerste kind? Wat het jy geleer?


Ek het geleer vuil wees is nie die einde van die wêreld nie, dit is deel van grootword. Ek laat haar speel in die hondehok, ek laat haar speel in die sand en modderwater. Ek shadow haar nie so baie nie.

Hoe het jy jou 13-jarige dogter en 3-jarige seun voorberei op die nuwe sussie wat oppad is? Bietjie raad/idees vir ma's?


Dit was moeilik, vir my 13-jarige was dit darem nou die tweede keer. Maar sy het gehuil aan die begin en gesê nou gaan sy my nog minder van my hê. Ek het net vir haar verduidelik dat dit wel moeilik gaan wees in die begin en dat ek my beste sal probeer om nogsteeds alleen tyd met haar te spandeer. En dat ek haar altyd die langste lief sal hê want sy het my vir 10 jaar net vir haarself gehad. Sy is 'n fantastiese groot sussie, hulle is baie lief vir haar. My 3-jarige was die moeilikste, daar was geen manier wat ek dit makliker kon maak nie, hy het nie regtig verstaan nie. Ek het probeer verduidelik, maar dit het lank gevat voordat dit reggekom het. Ek wonder steeds soms wat kon ek anders doen om die situasie vir hom beter te maak, maar daar is werlik niks wat ek kon verander het nie. Ek het maar elke dag daaroor gebid en vertrou in die Here. Hy het toe wel reggekom met tyd. My raad sal wees dat jy net moet rustig wees, ek weet dit is nie maklik nie maar moet jouself nie te veel laat stress nie.

Op watter ouderdom het jou jongste dogter:


Haar eerste tand gekry: 6 maande
Op haar eie gesit: Oeps! Ek kan nie onthou nie.
Begin kruip: 8 maande
Begin loop: 12 maande
Eerste woord gesê: 9 maande

Het jy geborsvoed en hoe lank?


Borsvoed nog steeds, het met al drie my kinders probeer,maar kon dit net die derde keer reg kry.

Van watter ouderdom af kan ’n kind sakgeld kry? En wat sou jy sê is ’n gepaste bedrag?


Hulle kan sakgeld begin kry wanneer hulle oud genoeg is om te begin help in die huis met goed soos skottelgoed was, bed opmaak, kamer skoonmaak, ens. Kan nie sakgeld kry vir niks nie. Ons gee vir ons 13-jarige R50 'n maand. Sy het haar eie bank rekening waarin ons die geld betaal. As sy nie haar kant bring in die huis nie, trek ons geld af, as sy mooi help, sit ons weer by. 

Watse doeke gebruik jy?


Wat ookal op special is die maand, in die begin was ek maar baie kieskeuring, dit moes 'n sekere doek wees. Vandag besef ek daar is nie 'n baie groot verskil nie, my dogtertjie kry nie 'n uitslag as ek ander doeke gebruik nie Maar basies tussen Huggies en Pampers.

Wat is ’n oulike geskenk om te kry/gee vir 'n babyshower?


Speelgoed, mens kry nie altyd vir babyshowers speelgoed nie. En boeke is ook oulike geskenke, veral vir nuwe mamma's.

Hoe hou jy jou kinders besig op die langpad?


Ons probeer so vroeg as moontlik ry sodat hulle meeste van die pad slaap. Ons pak die tablet in en portable dvd player in, sing liedjies en speel ek sien met my kleine ogies.

Wat is ’n Ma?


'n Ma is alles wat sy kan wees, nie een is dieselfde nie. Sy probeer net die beste wees wat sy kan wees vir haar kinders en haar man. Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is fantasties. Ma-wees is die moeilikste werk in die wêreld,maar ek sal dit vir niks verruil nue.

Read 927 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account