Waar in Suid Afrika bly jy?
Kroonstad, Vrystaat
Hoe oud is jou kinders?
Ek het twee dogtertjies, Miecke (4) en Melzaan (1).
Het jy gewerk voordat jy kinders gehad het?
Ja. Ek het gewerk tot twee maande voor my eerste dogtertjie se geboorte.
Wanneer het jy besluit jy wil by die huis bly?
Toe sy vir die eerste keer in my arms was en ek besef dat daar nêrens anders beter is as om my kinders groot te maak nie.
Was dit 'n moeilike besluit vir jou?
Glad nie.
Mis jy jou werk?
Nee .
Sal jy eendag teruggaan werk toe of hoe sien jy jou toekoms?
Nee, ek sien my toekoms nog vir 'n paar jaar by my dogtertjie, dan sal ek besluit watter rigting ek wil ingaan. Of ek weer 'n professionele sanger wil wees, in event planning wil ingaan of 'n fotograaf wil word.
Voel jy dat jy jou loopbaan opgegee het toe jy 'n ma geword het?
Nee, my kinders is my lewe en vir hulle offer ek my lewe op.
Was dit 'n keuse of het dit maar net gebeur?
Dit was my eie keuse.
Wat was jou familie en vriende se reaksie op jou besluit?
Almal het my besluit aanvaar.
Hoe het dit jou finansieel beïnvloed?
My man kyk mooi na ons en is finansieel stabiel sonder my wat ook werk.
Hoe voel jy nou oor jou besluit?
Beste besluit wat ek nog ooit gemaak het.
As jy weer die besluit kan maak, sal jy steeds kies om 'n tuisbly mamma te wees?
Ontelbare kere JA!
Wat is jou mees rewarding deel van jou dag?
Om te weet dat ek die beste in my vermoë gedoen het om hulle al die liefde te gee wat ek in my het. En te kyk hoe gelukkig hulle is. Die hele dag is vir my rewarding.
Het jy enige hulp by die huis?
Ja, ek kry een keer 'n week 'n huishulp om net bietjie te help met goed wat ek nie by uitkom nie.
Lees ook die storie oor 'n ma se moeilikste keuse as deel van Change Exchange on Brightrock.
