Jou kinders se name en ouderdomme?
George Sebastiaan is vier jaar oud en Juliette Skye is drie maande
Waar in Suid Afrika bly jy?
Bloubergstrand, Kaapstad.
Waarom het jy besluit om aan te hou werk?
Dis finansieël onbekostigbaar in vandag se ekonomie en stygende kostes en ek het loopbaan in retail al gehad voor kinders.
Was dit uit vrye wil of weens finansiële redes?
Finansiële redes en om my siel te voed, anders praat mens net oor kinders en verloor jou identiteit.
Hoe oud was jou kinders toe jy weer begin werk het?
Vyf, amper ses maande.
Hoe lank het jy kraam verlof gehad?
Ses maande, maar ek neem ook verlof om dit langer te maak by my kinders.
Hoe het jy gevoel toe jy weer moes begin werk het?
Angstig om kinders te verlaat, tog opgewonde om weer in die saal te klim en leisels af te stof.
Hoe belangrik is 'n loopbaan vir jou?
Baie. Mens moet iets op jou eie gebied ook bereik - vir jou eie sanity.
Hoe handhaaf jy 'n goeie balans tussen ma-wees en werk?
Ek doen nie! Met gevolg dat ek na my eersteling twee jaar terug by werk amper my kop verloor het. Min slaap en hectic retail environment het my uitgeput. Volg beter balans met tweede een. Maak tyd vir myself sodat ek kalm is en kinders kan waardeer al gaan dit soms dol.
Het jy geborsvoed toe jy weer begin werk het? / Gaan jy borsvoed as jy teruggaan werk toe?
Nee. Ek stop 'n maand voor die tyd. Werk is te ongereeld om roetine vir express te hê.
Wie kyk na jou kinders gedurende die dag?
Het met eersteling 'n nanny gehad en toe skooltjie toe. Kan dus nie die kostes hierdie keer bybring nie, so gaan nursery toe, dadelik.
Wat is jou werks-ure?
Dis flexi ure, solank jy net agt ure werk kan jy enige tyd vanaf 07:00 die oggend begin.
Wat is die mees rewarding deel van jou dag?
As ek my kinders optel en ons bond oor musiek in kar en geselsies tot by die huis.
Het jy hulp by die huis?
'n Nanny een keer per week. Verder is dit ek, my voorskoot en spoed.
Lees ook die storie van hierde werkende ma as deel van Change Exchange on Brightrock. Sy sê: "Working mothers incur an “energy debt” in the first four to six years of their children’s lives. We go into the ‘red’ and don’t acknowledge or even recognise it, beyond the feeling of exhaustion. Everyone, ourselves included, just expects us to get on with it."
