Wanda van Wyk...#teamstayathomemom Featured

Wanda van Wyk (36) is 'n tuisbly mamma wat elke dag haar werk mis.

Jou kinders se name en ouderdomme:

Erika  is 19 jaar oud en Tiffiny is 17.

Waar in Suid-Afrika bly jy?

Gauteng, Springs.

Het jy gewerk voor jy kinders gehad het?

Ek het my hele lewe lank gewerk.

Indien wel, tot wanneer?

Tot twee jaar gelede.

Wanneer het jy besluit jy wil 'n tuisbly ma wees?

Ons het verhuis en my oudste dogter is doof en met die trek het haar skoolwerk agteruitgegaan en Pappa werk weg vir 'n lewe.

Was dit 'n moeilike besluit?

Ja, want ek het my werk geniet en om onafhanklik te wees.

Mis jy jou werk?

Ja, elke dag van my lewe.

Sal jy teruggaan werk toe eendag of hoe sien jy jou toekoms?

Ek wil weer gaan werk, maar my dogter moet eers klaarmaak met matriek.

Voel jy jy het jou loopbaan opgegee om 'n ma te word?

Nee. Ek kan werk en ma wees terselfdertyd.

Was dit noodgedwonge of was dit uit eie vrye wil?

Uit vrye wil.

Hoe het jou vriende en familie reageer op jou besluit?

My pa was kwaad, hy het gesê ek gaan nie daarvan hou om by die huis te wees nie.

Watse invloed het dit finansieel op julle as gesin gehad?

Ons het baie hoër gelewe as wat ons nou kan.

Hoe voel jy nou oor jou besluit? 

Party dae is ek spyt.

As jy weer kan kies, sal jy dieselfde besluit maak?

Ja, ek sal, want my kinders baat by my besluit.

Wat is die mees rewarding deel van jou dag?

Om smiddae ekstra tyd saam met my kinders te hê wanneer die skool uitkom. 

Het jy enige hulp by die huis?

Geen hulp nie en ek het twee besighede ook.


Read 933 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account