file Afrikaanse rympies

16 years 2 months ago #100052 by *Joli*
Replied by *Joli* on topic Re: Afrikaanse rympies
Hierdie klein varkie gaan na die mark;
Hierdie klein varkie bly tuis;
Hierdie een het heerlik gesmul;
Hierdie een is vreeslik gekul;
Hierdie klein varkie huil
Wa, wa, wa!
Tot by sy huis.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #100050 by *Joli*
Replied by *Joli* on topic Re: Afrikaanse rympies
Daar's 'n apie op 'n stokkie
voor my ma se agterdeur,
daar's 'n gaatjie in sy broekie
en sy stertjie loer daardeur

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #100045 by *Joli*
Replied by *Joli* on topic Re: Afrikaanse rympies
Sjoe ek kan amper niks onthou. Ken daai liedjie van blinkvos perd, jan pierewiet staan stil, bobbejaan klim die berg hmmmm en wat van hompie kedompie sit op die muur, hompie kedompie het afgeval, die konigs se ruiters, die koning se ???? kon hompie kedompie se val nie keer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #100032 by LoriF
Replied by LoriF on topic Re: Afrikaanse rympies
Ethan se gunsteling perdjie ry een is:

hop, hop, hop perdjie loop galop
oor die berg en oor die dal
wag my perdjie jy sal val,
moenie so galop
hop, hop, hop hop, hop

en dan vinger speletjies - die ou; duimpie, duimpie se maat, langeraat, fielafooi, piepie innie kooi :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago - 16 years 2 months ago #100028 by Moomie Admin
Afrikaanse mammas. Ken julle Afrikaanse rympies? Ek het gedink ons moet dit hier deel. Ek ken omtrent niks en dis vir my nogal sleg. (Ek het nou gesien Baba en Kleuter stel elke week twee vry. Gedink ons kan ook aan 'n paar dink.)

Al wat ek kan onthou is "Hansie Slim".

En:
Hertse, hertse perdjie, met julle korte stertjies
Kyk hoe ry die heertjies met hul bonte kleertjies
Kyk hoe ry die vroutjies met hul korte moutjies
en agteraan kom Jannetjie Agterryer op sy perdjie aangeJAAAAAG!

(En jy doen dit terwyl die baba perdjie ry op jou voet. :) )

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account