Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo,
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met ’n jakkalspad
al agter die ding wat skuiwend skyn
op ’n plakkie, ’n klip, ’n syferfontein,
oor die sink en die sak van Distrik Ses
waar ’n kersie brand in ’n stukkende fles,
en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel.
Die skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong
en die Here gedank in gesang en gebed
vir ’n kindjie wat ook dié volk sou red …
Oor die hele affêre het uit ’n hoek
’n broeis bantam agterdogtig gekloek.
Die OU Stille nag, bly vir my BAIE mooier as die nuwe weergawe:
Stille nag, heilige nag.
Alles rus; eensaam wag
slegs Maria, geseënde vrou,
by haar Kindjie met Josef so trou:
Soete, hemelse rus!
Soete, hemelse rus!
Stille nag, heilige nag.
Oor die veld, lief en sag,
klink die lied van die engelekoor,
eers deur herders, dan verder gehoor:
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!
Stille nag, heilige nag.
Jesuskind, vriend'lik lag
liefde teer uit u god'like mond;
tans daag heerlik die vrywordingstond:
Heer gebore vir ons!
Heer gebore vir ons!
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil;
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil.
Goeie môre my vrou, hier's 'n soentjie vir jou.
Goeie môre my man, daar is koffie in die kan.
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, staan stil;
Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, Jan Pierewiet, draai om.
Hy draai om en hy leen van sy ouma 'n bril,
en hy soek met die bril na 'n vroutjie vir hom.