My dogtertjie is 1jaar en 6maande oud. Alles het begin twee weke terug, die Saterdag aand het K wakker geword en vreeslik gehuil toe ek haar optel was sy vuur warm en sy het toe gebraak. Ons het haar dadelik dr toe gevat en sy het antibiotika en pyn stroop vir haar gegee en ons huis toe gestuur. 5 uur die oggend was dit weer dieselfde storie maar die keer het sy vreeslik geruk van koue koors en ons is na ongevalle by die hospitaal (staats hospitaal) daar het hulle weereens niks gedoen behalwe vir haar stroop te gee om haar maag los te maak (ons sukkel vreeslik met hardlywigheid met haar).
Toe ons by die huis kom het sy net gele en slaap, daar wakker geword en weer gebraak ek het vir haar 'n setpil ingesit. Die middag het sy weer hoë koors gehad en ons is na die privaat hospitaal waar ons 'n pediater gekry het, sy sê toe haar ore is rooi en haar koors is 40 sy is opgeneem vir antibiotika drip. Sy het die aand erg koue koors gehad met 'n koors van 42 hulle het gevrees vir stuipe sy is toe afgespons en in 'n lou bad gesit. Ons is die Maandag middag ontslaan, by die huis Dinsdag was haar koors weer 39 jaag weer na die pediater, weer opgeneem vir drip en 'n lumberpunch wat toe negatief was. Woensdag middag is sy in teater toe vir pypies in haar ore. Donderdag oggend is ons huis toe.
Nou twee weke later het sy 'n "fluit bors" haar neusie loop en 'n vreeslike slym bors. Sy is by 'n dagmoeder en geen ander kind is siek daar nie.
Kan die antibiotika (sy het 'n drip gehad en toe sy ontslaan is het sy 2 bottels verskillende antibiotika gekry) haar immuunsisteem "afbreuk" want sy is dan alweer siek? Ek weet antibiotika is nie altyd goed vir 'n kind nie, sy gaan vanmiddag weer dokter toe en ek sien nie kans vir nog antibiotika nie.