file Afrikaans ladies...please help with the v-jay...

15 years 5 months ago #175060 by blessedmom
My dogtertjie is 3 & ek het al vir haar die regte name gesê maar dan lag sy haarself dood.

Dit sal natuurlik regkom met tyd. Op hierdie stadium noem ons dit haar noemfie :-) & seuntjies het 'n tottie.

Ek dink 'n mens huiwer maar om die regte name te leer want ons is so bang hulle gaan & verkondig dit aan die hele wêreld daar buite ha ha ha ha

Ek leer haar ook dat haar "noemfie" & tieties privaat dele is & geen man of seuntjie mag daar vat of met dit speel nie. Probeer haar ook leer dat net haar juffrou mag help om af te vee.

Ai, die al ewige gesukkel....................

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #175027 by Juanita
My vriendin het haar dogtertjie geleer dis 'n "vissie" en so het ons maar net aangehou daarmee toe ons dogtertjie gebore is. Vir 'n seuntjie sal ek "totternoster" gebruik.

snaakse storie, toe genoemde vriendin se dogtertjie (4) eendag saam haar tannie gaan piepie in spur het sy kliphard uitgebars terwyl tannie besig was om haar broek op te trek "JIS, jyt 'n groot vissie"
:laugh: :laugh: :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174760 by Angel_J
Hi daar.

Ons was geleer om vaavi te sê. Kort vir vagina.

Maar miskien is dit beter om 'n algemene naam so koekie te gebruik al is dit nie so mooi naam nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174731 by Morgan
Ek en my man wonder ook nou al lank wat ons dit kan noem. Om dt op sy naam te noem voel net nie reg nie.... dis te groot.

My ma het my geleer dis my "piepie" toe ek klein was.

Ons noem dit nou maar haar parratjie maar hoop ons kry binnekort iets beter.

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174138 by gloeiwurmpie
Baie dankie vir almal se insette. sjoe, dis amper so erg soos naam kies met die koms van 'n baba!!!

Ek het gewonder daaroor LizeP, as ander kinders na dit verwys na iets anders, mag dit dalk onduidelikeheid veroorsaak?


Ek neem aan die beste is om op die regte stadium ook die regte woorde te leer soos nodig.

Baie dankie weereens!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174136 by LizeP
Gloeiwurmpie, ek het ook voor my docgtertjie se geboorte gesê, ek sal die "regte naam" gebruik, maar dit is net te groot woord vir 'n klein dogtertjie.
Vir my is dit maklik om na 'n seuntjie se penis te verwys, maar vir dogterjies is dit anders.

Ons het besluit op "koekie". Dit is die mees algemene naam by die kleuterskool ook. Ek het gedink dit sal beter wees met potty training as sy en haar maatjies dieselfde naam vir haar v-jay het.

We live in Krugersdorp
Zhanelle was born on 20 Jan 2009
Having a child is much harder than I thought it would be!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #174015 by memo
Ok ek wil nie eers se wat ons dit genoem het nie, so ek dink die algemene ding wat ek kan uitlig (dat almal hierbo ook se hulle het die 'bynaam' gehaat) is om dit iets snaaks te noem maak mens dalk skaam...
23 maande... hmm, miskien noem dit op sy ware naam en sien wat sy se, miskien verras sy jou met die perfecte woordjie? Ek weet nie hoe goed sy praat nie?

Natural birth mom, breastfeeding.
Baby boy born 17 March 2010

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account