× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Clomid, PCOS

16 years 3 weeks ago #108756 by NadiaSteenkamp
Replied by NadiaSteenkamp on topic Re: Clomid, PCOS
Ek het vandag my uitslae gekry, telling was 12 en moet meer as 21 wees! Dokter gese ek moet kies tussen die laparoscopy en Clomid(fertomid). Nie seker wat om te doen nie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #108481 by Andie
Replied by Andie on topic Re: Clomid, PCOS
Hulle toets op CD21 (of 7 dae na ovulasie) en dit moet enige iets bo 10ng/ml of 30 nmol/l wees, afhangende van watse "unit" die labretorium gebruik.

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #108454 by NadiaSteenkamp
Replied by NadiaSteenkamp on topic Re: Clomid, PCOS
Hi

Wat is moet die telling van progesterone in jou bloed wees om te "qualify" vir ovulasie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #107709 by NadiaSteenkamp
Replied by NadiaSteenkamp on topic Re: Clomid, PCOS
Ek het vandag 'n positiewe ovulasie toets gekry! Wat beteken dit in verband met PCOS? Is dit moontlik dat dit verkeerd kan wees?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #107400 by Laliek
Replied by Laliek on topic Re: Clomid, PCOS
Hi Nadia

Ek het clomid gebruik vir die inseminasies wat ons gedoen het en ek stem 100% saam met Andy. Dit werk baie mooi om vir jou baie eiertjies te produseer maar ek het met my eerste inseminasie op die clomid 4 eiertjies gehad en dit het siste gemaak. Dis baie pynlik en glad nie lekker nie. Met die tweede maand van clomid en tweede inseminasie het ek net 1 eiertjie gekry - so as ek jy is probeer eers soos Andy se ander alternatiewe voor jy die clomid probeer as jy kan want as dit vir jou werk is dit wonderlik maar die kanse op newe effekte is nogals groot en ek verstaan jy's redelik jonk so jy't nog tyd om rond te speel en alles te probeer ;-)

In verband met prys van clomid, ek het R250 betaal vir 10 pille, ek moes 2 'n dag drink vir 5 dae.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #107291 by Andie
Replied by Andie on topic Re: Clomid, PCOS
Hallo Nadia

Ek was laas jaar gediagnoseer met PCOS. Maar my dokter het vir my Glucophage (ook bekend as Metformin) voorgeskryf. Die ding met Clomid is dat dit nog meer siste kan veroorsaak want dit gan jou liggaam dwing om eiers te produseer en die eiertjies groei binne in die siste so dis hoekom jy nou nog meer siste gaan kry.

My raad vir jou is... Voordat jy die geld spandeer op die Clomid, praat eers met jou dokter en vra hom/haar uit oor die gebruik van Glucophage. Ek was net vir 2 maande op Glucophage voor ek self natuurlik begin ovuleer het en tot vandag toe ovuleer ek nog elke maand sonder die hulp van enige fertiliteits pille. EN ek het niks meer siste nie!!

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #106703 by Morgan
Replied by Morgan on topic Re: Clomid, PCOS
Eks nie seker van clomid nie maar my 100mg fertomid was R100

File Attachment:

File Attachment:

Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account