Morning girls!
Let's see if today is a better day on the thread - doubt it, it is 9 already and no-one has posted.
Laliek - dankie vir die inligting, gedink dis daar rond. Ek gaan more vir 'n klomp bloedtoetse, onder andere die CD21 progesteroon vlakke ook.
Kimika - baie geluk met nog 'n seuntjie! Dis te dierbaar en nou kan jy (en ander mense) lekker begin shop!
Andy - ja jong, lyk my ons het daardie klomp BFPs bymekaar gehad en nou is dit net die lost cases wat oorgebly het
Marinda - jammer oor AF, maar julle is seker heel opgewonde oor die SA saterdag!
TaNasha - ek kan nie dink dat kruietee sleg kan wees nie. Hoop julle kom bietjie SA toe, daar is darem geen plek soos mens se eie land nie!
Verder het ek nie nuus nie, nogal lekker geslaap gistraand, maar is glad nie lus vir werk vandag nie. Sommer lus en vat halfdag

mmmm, wat sal ek dan doen - shop?
Lekker dag vir almal! En kom vertel tog so bietjie wat in almal se lewens aangaan...
As julle nie begin post nie gaan ek aan 'n baie kontroversiële onderwerp dink om so doende bietjie lewe in hierdie thread te blaas!
xxxx