file Nanny of Dagsorg of Kleuterskool vir babas

11 years 9 months ago #255243 by IreneL
Dit sal great wees as jy kan halfdag werk. Dis ongelukkig glad nie vir my 'n opsie nie, ons werk met deadlines deur die dag wat vasgestel is, so ons mag nie eens flexi-tye werk nie en werk een tot twee keer per week laat (mens kry eers die rooster op 'n Maandag!). Sug, so die skooltjie-storie is vir my 'n groooot kopseer - my werksure is van 8:30 - 4:30 (dis nou as ons nie laat werk nie) MAAR met verkeer vat dit my 'n uur werk toe en 'n uur terug, so ek kan baba ook nie in skootjie naby my huis sit nie (waar dit baie goedkoper is), want ek sal nie elke dag teen 17:30 daar kan wees nie. Het nou darem 'n skooltjie 500m van my werk af gekry, so dit is ideaal en al sal baba saam my in verkeer moet sit, is dit ongelukkig al wat op die stadium vir my sal werk!

Sterkte met jou soektog, ek het ook reeds baie vroeg begin soek en is nou bly ek het!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago - 11 years 9 months ago #255235 by happyface
Hi julle!

Baie dankie vir almal se insette. Ek moet se my hart staan ook meer na 'n skooltjie se kant toe, om rede mens weet hulle is altyd daar en mens hoef nie nog te stres of die nanny gaan opdaag of nie. Ek kry die kleinding ook maar jammer om so vroeg al afgelaai te word, maar ek dink dit is die beste op die ou end.

Die ontwikkeling en stimulering is ook vir my baie belangrik, en ek voel iemand wat gekwalifiseerd is moet dan eerder met jou kind werk. (of baie ondervinding) Ek hoop om dalk om te skakel na 'n halfdag reeling toe by die werk, maar dis nou nog net in die pyplyn.

Lekker dag! :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #255155 by IreneL
Jy is baie gelukkig Twinkle. Ek ken ook vriendinne hier in die stad wat regtig oulike nannies het - maar die een vriendin werk net halfdag en die ander een werk van die huis af. In my geval werk ek 25km van my huis af, erge verkeer. Ek wou graag 'n nanny kry want voel so sleg om baba die hele dag by skool te los, maar op die ou einde het ek besluit op 'n skooltjie 500m van my werk - as iets gebeur kan ek vinnig daar wees. 'n Nanny sou 11ure per dag by my huis moes wees, ek is net te bang dit werk nie uit nie. As nanny laat is, is ek laat, as ek laat werk, moet nanny bereid wees om te bly tot ek by huis kom. Dis jammer, want dit sou steeds my eerste keuse wees. Dis erg oor die terrible stories oor nannies wat uitkom, maar ek weet nie almal is so nie, en dieselfde gebeur ook soms by kleuterskole. Mens moet maar hoop jy kry goeie mense, of dit nou nanny is en of dit nou skooltjie is.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #255150 by Twinkle
Baie waar. In die dorp is die beste seker skooltjie. OP die plaas is dit weer n ander storie sal jou dood ry dorp toe en terug ... dit was een van ding wat ons besluit baie erg beinvloed het. die dorp toe en terug ry elke dag.

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #255147 by StellaK
ja twinkle, dis absoluut hartverskeurend as mens sulke stories hoor. en dit kom deesdae al meer uit.

jy is baie gelukkig dat jy een het wat mooi na hom kyk.

die is nou eenmaal een van dai onderwerpe waar jy baie gemenge antwoorde sal kry. die wat 'n nanny/aupair het sal se dis die beste ding om te doen, die wat se kinders in 'n skool/dagmoeder het sal se dis die beste ding om te doen.

op die ou end maak nie saak wat jy doen nie, hou net jou baba se gedrag mooi dop. as baba se gedrag skielik verander dan kan jy maar weet hy is ongelukkig met sy huidige situasie en jy moet iets daaraan doen

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #255139 by Twinkle
StellaK baie waar wat jy se. vir ons is dit maklik op die plaas altyd back up plan bv n werker van n ander afdeling wat kan uithelp. En ja as jy een by jou huis het moet jy weet indien sy kinders het gaan sy afvat indien haar kind siek is, as daar iets is kom sy nie werk nie bv skool goed hulle het taamlik stories. Mens moet beslis n baie goeie Plan B he as jy een by die huis het.

Ons is baie bevoorreg met die ene wat ons het sy kyk vreeslik mooi na ons seuntjie hy is nou bedags net so uur by haar van hy by die huis kom tot ek elke middag wat ek instap sit die twee op die bed en kleur in elkeen sy eie inkleurboek. Dink partykeer sy geniet die inkleur ens meer as hy ... haha

Julle dit is so hartseer om te sien wat die kinderoppasers deesdae met die kindertjies doen by diehuise... Ek het nou al n paar van daardie clips gekyk en dit verstom my elke keer, die laaste keer het ek so emosioneel geraak hoe kan n mens dit doen ... Moet se weet ook van een geval waar nanny slaap pille vir kids gegee het bedags ... op die platteland... Al die slegte goed gebeur nie net in die stede nie... lankal nie meer nie

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 9 months ago #255136 by StellaK
ek sal defnitief voorstel dat jy vroegtydig begin uitkyk vir skole. hulle is nogals lank voor die tyd vol bespreek.

vir my was daar geen ander opsie as 'n kleuterskool nie. ek het net te veel baie slegte stories van goeie vriende van ons gehoor wat nannies en aupairs gehad het. want jy weet nie wat hulle by die huis met jou kind doen nie, en of hulle enigsins jou kind stimuleer nie. en wat doen jy as hulle net eenvoedig nie opdaag nie of die taxi strike of so iets.
net my persoonlik opinie. maar ek dink as mens iemand by jou huis kry, dan moet jy maar 'n nanny cam installeer oral in jou huis, dat hulle weet jy hou hulle dop.

in Moraletta park is Duifies kleuterskool by die moraletta park kerk - ek het al baie goeie stories gehoor van hulle.

my seuntjie is in 'n skooltjie in Lynwood. hy is nou al 2 weke daar. hulle is 12 babas in die klas met 3 juffrouens. hy geniet dit vreeslik baie en het besonders maklik aangepas. hy slaap ook sommer baie beter van hy in die skool is.

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account