Anina - hahaha vir die inrigting as daar 'n 3de een kom

ai daai "ongelukkies" gebeur so vinnig, maar sjoe mens sal hulle vir niks verruil nie

Ek het maar meestal net op die Junie 2009 Afrikaans groepie gechat nie regtig verder op die forum gechat nie. Daai groep het my besig genoeg gehou LOL - op 'n goeie noot natuurlik. Ek is 'n enkel ouer - Kaylin was 'n glipsie (maar die beste glipsie ooit) en toe ek uitvind ek's swanger het die "pa" die pad gevat... maar nou ja gaan nie trane mors daarop nie, ek soek dus nie so tiepe man in haar lewe wat veronderstel om 'n pa figuur te wees nie. Ek en Kaylin is gelukkig op ons eie. Ek bly tans dus nog by my ma, het teruggetrek - of wel moes - vir die kraam verlof omdat ons nie salaris kry nie - sou ek nie my woonstel onderhou nie, en die UIF was daai tyd so ver agter met hulle claims dit was nie verseker wanneer ek geld sou kry by hulle nie (ek hoor die UIF is nogsteeds agter) - ek het darem spaar geld gehad wat gehelp het met die baba se benodighede tot ek my claims begin kry het, maar dit sou nie 'n woonstel ook kon onder hou het nie. Kaylin is op die 29ste Junie 2009 gebore deur 'n keiser en is my hart se punt!
Sjoe dit klink wonderlik dat altwee die kiddies gelyk gaan slaap het

klink na 'n bargain! Hoop dit word 'n routine by hulle
Monique, ons ander mammas

betaal vir daai mond vol tande hoor! Behalwe Engeltjie, flip sy weet nie eens wanneer Dewan tande sny nie so maklik sny hy

Kaylin het al 4 haar oogtande gelyk gesny SAAM 2 kiestande! Dis was/is nag... die oogtande is al mooi deur, ek waag nie om te voel of die kies tande klaar is nie, want sy byt LOL maar aiiiii daai tande doeke maak my klaar so sy's nog ver van klaar af *sigh*