Shame Anina! Moenie so stres nie vrou! Onthou elke kind is anders en elkeen ontwikkel anders. Ek kan vir jou definitief sê dat dogtertjies vinniger praat as seuntjies. Ek't dit nou al hoeveel kere gesien en beleef dit nou met Stian ook. Michayla het op die ouderdom al sinne gepraat (ek't nou die dag na videos gekyk en amper op my rug geval!)
Is Stefan in 'n kleuterskool?
Stian het nou Januarie in die "groot" klassie by die kleuterskool begin en tel nou vinniger woordjies op vandat hy daar is. Maar babbel soms maar nogsteeds in 'n taal wat ek nie kan verstaan nie...
Shame,dit gaan nie meer lank wees nie dan's hulle beste maatjies! Michayla is ook alewig so soenerig en drukkierig met Stian, hy sal lekker saam soen en druk en dan geïrreteerd raak - maar darm is hy nou al lekker groot om self vir sussie op haar plek te sit!
Dankie vir jou hulp met die ticker - sal gaan probeer.
Ek't nie geweet jy was op PF nie, het jou nooit daar raakgechat nie?