Ek was net Anina op PF, maar ek het in die engelse groep van Junie mammas gechat.
Monique, jy moet op jou profile ingaan en die info daar paste. Ek dink onder die forum tab. Dan kom dit elke keer op as jy post, jy hoef dit nie by elke post te paste soos op PF nie.
Stefan is maar nog rof met Claudia, hy raak al beter. Het aan die begin vreeslik tekere gegaan rondom haar en haar 'n paar keer oor die kop geslaan. Maar nou gee hy haar meestal soene, sy like dit net nie altyd nie...
Stefan praat ook nog nie baie nie, ek begin wonder wat normaal is, want my sus se tweeling praat baie baie baie meer as Stefan en hulle is net 6 maande ouer. Dis vir my rof dat hulle so ver voor hom is, hulle is almal in 2009 gebore so hulle gaan eendag saam skool toe! Dit voel of my kind nog so baie het om in te haal voor hy op hulle vlak kan wees. Maar dan is daar weer kids wat in Nov gebore is (soos Claudia) wat NOG verder agter die Januarie maatjies is. Arbeidsterapie hier kom ons!!