file ***Junie 2009 Afrikaans mamma's***

15 years 7 months ago #159794 by ReneP
Hey Hey Hey, ek sien julle chat vreeslik lekker........
Jammer ek was so stil Nikki, ek vergeet eintlik van Moomie, dit moet nou eers weer n gewoonte raak.
Hallo aan die nuwe Mammas.
Eks René, was ook deel van die Junie 2009 Afrikaanse Mamma's op PF.... dit was die beste dae ooit hoor. Ons is soooo bevoorreg dat ons nog in mekaar se lewens is want ons is n great groepie vriendinne saam, dankie tog vir emails né!
Ek bly in die Kaap, het 2 kinders, n LG, Ané, sy is nou 5 en n LB, Ulricht, hy is hierdie maand 21maande oud. Hy was veronderstel om op 8Junie te kom, maar die meneertjie was so groot, dokter het hom toe vroeg uitgehaal op 28Mei.... hy vier sy verjaardag saam met Leana se seuntjie, Jaydon. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156671 by natashjasingleton
Anina - hahaha vir die inrigting as daar 'n 3de een kom :P ai daai "ongelukkies" gebeur so vinnig, maar sjoe mens sal hulle vir niks verruil nie :) Ek het maar meestal net op die Junie 2009 Afrikaans groepie gechat nie regtig verder op die forum gechat nie. Daai groep het my besig genoeg gehou LOL - op 'n goeie noot natuurlik. Ek is 'n enkel ouer - Kaylin was 'n glipsie (maar die beste glipsie ooit) en toe ek uitvind ek's swanger het die "pa" die pad gevat... maar nou ja gaan nie trane mors daarop nie, ek soek dus nie so tiepe man in haar lewe wat veronderstel om 'n pa figuur te wees nie. Ek en Kaylin is gelukkig op ons eie. Ek bly tans dus nog by my ma, het teruggetrek - of wel moes - vir die kraam verlof omdat ons nie salaris kry nie - sou ek nie my woonstel onderhou nie, en die UIF was daai tyd so ver agter met hulle claims dit was nie verseker wanneer ek geld sou kry by hulle nie (ek hoor die UIF is nogsteeds agter) - ek het darem spaar geld gehad wat gehelp het met die baba se benodighede tot ek my claims begin kry het, maar dit sou nie 'n woonstel ook kon onder hou het nie. Kaylin is op die 29ste Junie 2009 gebore deur 'n keiser en is my hart se punt!

Sjoe dit klink wonderlik dat altwee die kiddies gelyk gaan slaap het :) klink na 'n bargain! Hoop dit word 'n routine by hulle :P

Monique, ons ander mammas :P betaal vir daai mond vol tande hoor! Behalwe Engeltjie, flip sy weet nie eens wanneer Dewan tande sny nie so maklik sny hy :P Kaylin het al 4 haar oogtande gelyk gesny SAAM 2 kiestande! Dis was/is nag... die oogtande is al mooi deur, ek waag nie om te voel of die kies tande klaar is nie, want sy byt LOL maar aiiiii daai tande doeke maak my klaar so sy's nog ver van klaar af *sigh*

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156294 by Moeksie
Wow dit is wonderlik Anina! Dis voorwaar 'n kuns om twee kleintjies dieselfde tyd aan die slaap te kry! Ek haal my hoed af vir jou met twee sulke klein kindertjies, ek kla gereëld omdat ek twee het, maar jy't dit baie erger!

Sjoe, maar die seuns het baie ingemeen! Stian het 4 snytande bo, 2 snytande onder, 2 kiestande onder en die twee kiestande bo het die puntjies nou uitgekom! LOL! Ek was ook verbaas omdat die kind nog nie eers oogtande het nie, maar ek's so bly om te sien Stian is nie die enigste een nie!

Die ander Junie maters se kinders het al monde vol tande! LOL!

My beautiful daugter born on the 23rd of February 2007 @ 40 weeks, induction, natural delivery with epidural. Weighed 3,25kg at birth.

My gorgeous son born on the 23rd of June 2009 @ 40 weeks, induction, natural delivery. Weighed 3,28kg at birth.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156288 by Hasie.
Jy is reg Monique, hoeveel tande het Stian nou? Stefan het 4 snytande bo, 2 onder en dan 4 kiestande. En ek dink hy is nou besig met 'n oploop tot nog 'n tand want hy het vieslike doeke en is lekker kermrig. Maar ek kan nie sien waar nog 'n tand probeer deurkom nie. Hy het my laas verras, ek het gewag vir nog snytande, toe spring die kiestande uit!

Claudia was ook "beplan" vir later in 2010, maar die plan was dat ek na die helfte van 2010 sou swanger raak (na Stefan ten minste 1 geword het...) Toe glip sy vinniger deur. Nou het ek 2 babas in 2 jaar gehad en mag daar asb nie 'n 3de een die jaar wees nie, anders boek ek myself in 'n inrigting in vir dievolgende 18 jaar.

Net voor PF gecrash het, het daar 'n Afrikaanse chat groepie ontstaan. Almal het sommer deurmekaar daar gechat, ek dink dis waar ons mekaar ontmoet het. Dit was net voor of net na ek met Claudia swanger geraak het.

Natashja en Leana, ek ken julle nou glad nie. Se bietjie vir my onthalwe asb wie julle en julle kiddies is. Dankie!

Ek het die onmoontlike reggekry vandag!!! ALTWEE my kids SLAAP, gelyk, in hulle kotte, in een kamer. Dis die eerste keer wat Claudia in die kiddies se kamer slaap, tot nou toe het sy in ons kamer in 'n wiegie geslaap. Maar sy raak te groot daarvoor, toe besluit ek haar dagslapies moet in haar kot begin sodat ek haar volgende week in die nag ook soontoe kan skuif. Dis so cool, nou speel daar een slaap CD, oor een monitor uit een kamer uit. En altwee is lights out!

Hoop julle het 'n lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156086 by Moeksie
Ons kinders het nog iets in gemeen Anina - hulle altwee sny tande stadig!

Ons het mekaar eers leer ken na ons die kinders gehad het né? Ek kan net nie presies onthou hoe nie?

My beautiful daugter born on the 23rd of February 2007 @ 40 weeks, induction, natural delivery with epidural. Weighed 3,25kg at birth.

My gorgeous son born on the 23rd of June 2009 @ 40 weeks, induction, natural delivery. Weighed 3,28kg at birth.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156083 by Moeksie
Hahahahaha, ek gaan nie oor dit kom nie! Chick Norris! Flip, dis snaaks!!!!! :lol:

My beautiful daugter born on the 23rd of February 2007 @ 40 weeks, induction, natural delivery with epidural. Weighed 3,25kg at birth.

My gorgeous son born on the 23rd of June 2009 @ 40 weeks, induction, natural delivery. Weighed 3,28kg at birth.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #156082 by Moeksie
OMW! Hoe lekker lag ek nou vir jou Anina! Stian is ons kondoom baba!!!!! Hy was "beplan" maar eintlik eers vir 'n maand later en toe breek die kondoom! Ek't sommer geweet ek's swanger! LOL! :woohoo:

Welkom Leana! Gaan jy bietjie saam ons gesels!?! :silly:

My beautiful daugter born on the 23rd of February 2007 @ 40 weeks, induction, natural delivery with epidural. Weighed 3,25kg at birth.

My gorgeous son born on the 23rd of June 2009 @ 40 weeks, induction, natural delivery. Weighed 3,28kg at birth.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account