Jip, ek weet nou presies hoe jy voel met die min slaap ding. Renier is ook lui vir opstaan in die nag, maar ek dwing hom!! Ai tog, ja, dis nogal 'n penarie..jy sal daai breuk van jou moet laat regmaak. Miskien is dit 'n goeie oefenlopie vir jou man, dit sal hom leer opstaan snags! En pak jou spaarkamer vol met als wat jy kan kry..dan se jy net sorry, daar's ongelukkig te veel goed daar so mens kan nie daar slaap nie

My spaarkamer is my opgaarplek vir gemors. MOET dit sometime uitsorteer maar ek kry net nie tyd nie.
Marijke, die probleem met Mignione is dat sy permanent siek is. Haar neus is heeltyd toe, haar maag werk nou, sy kry alweer tande. So ek sal nooit kan le en luister hoe sy huil as ek weet sy huil dalk omdat haar neus toe is en sy sukkel om asem te haal nie.
So gepraat van siek wees..is dit dalk moontlik om weer te begin borsvoed nadat mens opgehou het? Ek het al begin wonder of ek nie maar weer moet begin nie (nie regtig borsvoed nie, net een keer 'n dag uitpomp) net om Mignione se immuunstelsel 'n hupstoot te gee nie? Ja..ek's regtig erg desperaat!!!!!!!