file July 2009 Moms

16 years 8 months ago #739 by TAT
Replied by TAT on topic Re:July 2009 Moms-testing
JIPPPEEE Marilu jy het dit reggekry!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 8 months ago #738 by TAT
Replied by TAT on topic Re:July 2009 Moms-testing
Deja
Ja weet jy hy raak so excited as hy die rol sien, dan gryp hy hom en los sommer, en dan tree hy en dink seker dit gaan hom hou, en WHAP dan slaat hy neer, maar die toilet papier bly in sy mond. LOL

Weet jy Tyren is ook so ma vas, niemand kan hom by my vat nie, as iemand hom vat dan skree hy tot ek vir hom se " Nou kom, gee handjie", dan gee hy sy handjie dan vat ek hom, en dan is hy happy. LAAT mens lekker voel ne ?

JY IS SOO LUCKY, Tyren eet ontbyt 7uur, dan slaap hy vir so 20minute, dan is hy heeltyd wakker, hier by 3uur slaap hy weer so 15 minute, en dan is hy wakker tot hy gaan slaap. MAAR ek moet sê hy slaap van 6pm tot 6am.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 8 months ago #737 by Moomie Admin
Ja, Lizel, ek verjaar die 4de. Dit klink my Nienke en Zelri is dieselfde. Wow, sy het al baie tande. Is dit bo of onder?

Ai shame, Adele, dis eintlik oulik dat hy dink hy kan aan die toiletpapier vashou. Ag moeder...

Nienke is getting really ma-vas. This afternoon a friend of my hubby held her and she started crying. I take her, she is quiet. It is so sweet. I love it!

Adele, Nienks slaap nou twee keer per dag. Sy kan net so 2 ure wakker wees in die oggend, dan wil daai oë toeval. Dan as sy wakker word is sy so drie ure wakker en dan gaan slaap sy weer. Dan bly sy wakker tot ek haar bad en in die bed sit. Sy raak ook maar net aan die slaap terwyl sy drink.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 8 months ago #736 by TAT
Replied by TAT on topic Re:July 2009 Moms-testing
Plesier Marilu, skree as ek kan help

Lizel
Dit gaan goed jong, ons het nuwe huis gekoop, en ek kan nie wag om te trek nie.. AWWW dit laat mens skoon eina voel, hulle gaan nog so seer kry. LOL, Tyren sit nie een oomblik stil nie, dis vreeslik. LOL

HIER is ons gister by die nuwe huis, ons het bietjie in die tuin gaan speel





Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 8 months ago #735 by Lizel
Replied by Lizel on topic Re:July 2009 Moms-testing
Hi Adele, gaan goed dankie en met jou? Tyren klink my is so besig,Zelri het 'n rooi kol op haar kop weet nie waar sy haarself teen gestam het nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 8 months ago #734 by MariBiscuit
Dankie Adele!!! Dit klink na vreeeeeeeslik baie moeite :) haha, ok ek sal gou probeer

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 8 months ago #733 by TAT
Replied by TAT on topic Re:July 2009 Moms-testing
HAAI Lizel!!
Hoe gaan dit jong ? Ag mamma, jy moet fotos wys van daai tande jong. Gelukkig beginne sy nou beter slaap...

OJA ek verjaar die 1ste Desember en Tyren die 30ste Junie

Deja
Sy sal gewoond raak daaraan, moenie worry nie, as sy agter kom dis lekker sal sy in hom wil sit. LOL, maar Nienke kan dalk een van daai babas wees, wat rerig nie daarvan hou nie, probeer maar en kyk wat gebeur.
JIS weet jy Tyren is besig, sjoe jong hy sit nie stil nie, en dis n stryd om hom te kry om te slaap in die dag. LOL

Marilu
Shame weet jy, hy val hom disnis, hy hou nog aan die stoel vas, dan begin hy sommer loop, en as hy besef hy staan alleen dan slaat hy neer soos n vrot vel, dan stamp hy sy kop. Hy het netnou in die badkamer saam my, opgestaan teen die toilet toe ek hande was, en woeps dink hy hy kan die toiletpapier vashou en slaat neer tussen die muur en toilet,. hy het moewiese eier teen sy kop...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account