Hi julle,
Sjoe, hier is baie post om te lees!!!

Ek het so baie gemis die laaste week! Jammer dat ek so skaars was, maar dit was maar dol hier by ons! My moeder het by my gekuier, en Donderdagaand was ons Centurion toe vir my sussie se dogter se Cleopatra funksie. Vrydag het ons kerk 'n Golfdag gehad naby Carltonville, en daarna het ons Shumba's toe gegaan! Blikemmer, ek was gedaan Vrydagaand van die bestuur!!! Eers suid en toe Noord!!!
Anyway, Ek het nie al die posts woord vir woord gelees nie! Ek sal nog!
Skitter - die pic van M is baie oulik!
Lonie - jy kan vir my ook funny emails stuur! elrikejvr@gmail.com
Justine - I have read your post. YOu are a great mom and it is not your fault! Glad, that Kyle is better and at home.
Adele - Ek is bly Tyren is ook nou beter!! Hoop dinge gaan sommer nou regkom aan julle kant! Ons mis jou hier by moomie!
Hallo aan al die ander mammas!
Met Luwan gaan dit voor die wind - ek dink net die tande pla baie! Dit voel of sy onderste oogtandjies oppad is want dit voel opgeswel daar! Die spoeg loop soos riviere uit sy mond! Hy was Donderdag aand die soetste kind ooit! Hy het nie 'n geluid gemaak by die Cleopatraaand nie! Hy het heel opgewonde gewees toe hy sy niggie op die verhoog sien dans en daarna het hy aan die slapies geraak! Sy is 2de prinses vir Mej. Hoerskool Centurion! Sy het so baie mooi gelyk!!!
Nou ja, ek moet seker gaan slaap!! Ek is effens gedaan!
Sal lekker more met julle chat!!!