Tiaan Wasserman...'n Moomie-pappa Featured

Tiaan is beslis 'n pa wat nie bang is om met sy kinders in die huis te help nie.

Bekryf kortliks vir ons hoe jy gevoel het met die geboorte van jou dogters.

'n Blydskap wat ek nie kan beskryf nie.

Wat geniet jy die meeste van ouerskap?

Om die glimlaggies op hulle gesigte te sien as ek by die huis kom na 'n lang dag by die werk.

Hoe het ouerskap jou lewe verander?

Dit het my 'n gelukkiger en beter mens gemaak. Nou weet ek hoe dit voel as my hart buite my lyf rondloop.

Wat is jou definisie van terrible twos?

'n Stadium in 'n kind se lewe wat baie tantrums behels deurdat hulle hulle sin probeer kry.

Hoe help jy jou vrou met die kinders in die huis?

Ek help maar basies waar ek kan, soos doekruil, kosgee, baie speel, ens.

Het jy saam met jou vrou die pajama drill gedoen?

Nee, sy borsvoed.

Maak jy vuil doeke skoon?

Ja, met liefde.

As jy 'n doekesak moet pak, wat sal jy daarin sit? (Sonder Marochelle se hulp)

Doeke, wet wipes, boudjiesalf en gegeurde doeksakkies.

Op watter manier spandeer jy die graagste tyd saam met jou dogters?

My oudste sal ek vir roomys uitneem, stories kyk en buite speel. Met kleinding is dit nog speletjies speel (peeka-boo en kielie-kielie).

In watter opsig is jou dogters soos jy?

Hardkoppig, avontuurlustig en behulpsaam.

Wat is 'n pa?

'n Pa is daar om sy dogter se held te wees en hulle by te staan en raad te gee in alles wat hulle doen en aanpak.

Tiaan se vrou, Marochelle Wasserman, is ook een van ons Moomie-ma's van die week, lees haar artikel hier.

Read 850 times
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account