Ok, ek het uiteindelik opgevang !!
Ag shame Karin, dis maar ‘n moelike situasie, hoop dit werk vanself uit sonder te veel stres vir alle betrokke partye.
Jammer Drixter, hoop regtig jy voel gou beter. Dis so nice van jou om die woefs in te vat. Hoop hy word sommer gou spekvet.
Nessie, sterkte man, more voel hy weer anders.
Dis wonderlike nuus Dassie !! fxfxfxfxfxfxfx
Hlise, never say never. Fxfxfxfxfx
Welkom Cornel, hoop jy kry sommer gou jou BFP. Ons klink my is in dieselfde boodjie. Wanneer het jy jou miskrame gehad?
Kriek, weet waardeur jy gaan. Dis maar moeilik om vrede te maak daarmee, mens dink altyd wat as…, maar soos jy se dinge gebeur soos dit moet.
Klippie, wow watter garage het jy die pies gekry, lyk my daar was iets anders in, ek wil ook daarvan gaan kry. Moet liefs nie vanaand weer daarvan koop nie, nou nou slaap jy nie vanaand nie.
Nelria, hoe voel jy? Hopenlik al ‘n bietjie beter.
My man is darem vanaand weer tuis, maar ek sal aan julle almal se mans wat weg is dink. Dis glad nie lekker nie !!