Goeie middag al julle wonderlike Dames
Ansa: Ek gaan na dr Hogewind in Pretoria, as jy nie by dr Trauw reg kom nie.... Hy is FS en regtig baie baie "oulik"!!!!!!! Jy kan hom gerus probeer! En ek't nog elke keer maklike afspraak gekry.
Baie sterkte, vandag dink ek trek ons nog op so 17 skooldaggies

voor die heerlike lang vakansie
Nelria, sjoe jong ek weet ook nie of ons al gepraat het nie, maar ek dink,,,, ons het gepraat oor Dr Pretorius en Dr Annel... maar kan aan iemand anders dink..... raak nog bietjie deurmekaar met al die name ,-)... In elk geval halloooooooo!
Anje - Shame hoop jou eksamen het goed gegaan!!!!!!!!
G- Sjoe jou tydjie nou al naby, en pics is pragtig!!!!!
Strikkie was jy nie met vakansie gewees nie????
Dassie, jip ek en DH probeer so (aan / af). Eintlik maar 'n lang storie, Ons nou 6 jaar getroud en het begin praat oor babatjies, ek voel soms maar nog bietjie skrikerig en weet nie of ek altyd heeltemal reg is daarvoor nie, maar Dh wil vreeslik graag. Ons het toe so paar maande probeer, was by gine net om te kyk of als reg is en hy't gese ons altwee honderd!! Maar ons het begin onseker raak toe niks na nog paar maande gebeur nie,,,,,

Toe gaan ons na dr Hogewind, hy't ook gese als reg,,, maar hy sal iui doen as ons wil.... ,,,, lang storie kort te maak het ons in April vir IUI gegaan, Die toets was vir so dag of wat positief maar toe het die telling drasties gedaal en af het begin.
Ek en Dh gaan nou in Junie eers bietjie met vakansie en dan sal ons besluit om miskien maar weer op ons eie aan te gaan of dalk weer vir 2de iui, maar eks rustig. Glo daar's 'n breer prentjie en wat moet gebeur sal gebeur wanneer dit moet. Soms wil ons mos dingetjies net op ons tyd he..... So geduld is vir my van kardinale belang

wens mens kon dit iewers koop.
Paisly -- Hi, hoop jy voel goed vandag???
Tienka - Ek't al gewonder of die N1 verkeer al beter gaan, maar klink my dit gaan nog vir wyle so erg wees. Sterkte. Miskien is pad, trein en verkeer sommer REG na -of moet ek se hopenlik voor die sokker.
Vir al die ander pragtige dames, lekker middag!!!!