Hallo almal
Ek het nie altyd kans om te reply en te visit nie maar hoop dit gaan goed met almal.
Charlaine, my man was vir twee weke Guinie/Marli toe en was net die naweek hier. Hy is nou in Walvisbaai tot more en dis aaklig so alleen. Ek raak so bang. Ek sal vanaand aan jou ding as ek ook so alleen by die huis sit.
Nessie - wil jou net laat weet dat ek ook aan jou dink. Sterkte.
Ek is vandag nie baie lus vir werk nie. Was die laaste ruk baie dol hier en vandag is dit stil. Dis aaklig om so te sit en niks doen nie. Ek sit en wag vir AF om op te daag. Dit moes vanoggend begin maar nog niks gevoel nie. Ek dink nie ek kan swanger wees nie. Volgens my het ek geovuleer toe my man weg was (ek werk maar uit op 14 dae en het nog nooit getoets nie). Ons het die 28ste April die laaste keer ge-BD en dink my piektyd moes min of meer die 1ste Mei. Kan daar 'n moontlikheid wees? Ek is sommer laf. Weet ek stress myself net op. Voel sommer nou beter dat ek dit met iemand kon deel.