Hoeveel kinders het jy? En hoe oud is hulle?
Ek het een dogtertjie, sy is twee jaar oud. Haar naam is Mia.
Wat is jou definisie van terrible two’s?
Vreeslike tantrums vir geen rede die, wil glad nie luister nie en het vreeslike mood swings.
Hoe hanteer jy 'n tantrum in die publiek?
Ek hang eers my kop in skaamte, dan los ek haar 'n paar minute op die vloer om te kalmeer, want as ek haar probeer optel as sy so maak, dan gaan sy heeltemal pap en sy stop en skree.
Watter manier van dissipline werk vir jou dogtertjie?
Ek probeer haar altyd van die situasie verwyder as dit moontlik is. Soos om haar kamer toe te vat en ek maak seker ek hou by my woord as ek vir haar iets sê as sy stout is.
Hoe spandeer jy tyd saam met jou kinders?
Ons kyk graag flieks saam en haar gunsteling speletjie is dokter-dokter, ons doen dit elke dag 'n hele paar keer.
Watse kattekwaad het jy as kind aangevang wat jy liewer nie sal wil hê jou kinders moet eendag doen nie?
Ek het altyd my kos wat ek die wou gehad het nie weggesteek in die plante. Ek en my susters het soos kat en hond baklei oor als.
Watse raad het jy vir brandboudjies?
Wat vir my die beste werk vir haar is Antipeol room saam met Bepanthem en dan om gereeld haar doekie te ruil.
Wat stel jy voor vir 'n vinnge maar gesonde snack vir die kinders?
'n Gesnyde en geskilde appel en sy is mal oor Provitas en dis baie vinnig.
Hoe het ma-wees jou lewe verander?
Ek het nooit gedink daar bestaan so 'n groot liefde soos die liefde wat ek vir haar het nie. My dae word nou beter beplan met haar, veral met haar middagslapies. Als wat ek doen dink ek outomaties aan haar. Ek het geleer als wat ek het is nie meer myne nie, veral nie my handsak en make-up nie. Maar als is so die moeite werd. Dit is beslis baie moeiliker as wat ek gedink het dit gaan wees.
