Hopeful - ek is bly alles lyk mooi en goed met julle 3 kies

Jammer as ek dom klink, maar wat is die "risk factors" as daar geen membraan is wat hulle skei nie?
Missy - I'm glad to hear about your BoY! Welcome little prince! Enigste haan onder die klomp henne! Hie hie
Eks jammer vir julle arme dames wat nog so naar is. Julle moet so moedeloos wees teen die tyd!! Sjoe! Dankie tog dit is verby vir my, maar ek kan steeds nie myself te lank laat gaan sonder kos nie, anders word ek vinnig herinner met n honger naarheid.
Verder aan my kant raak my boobs net groter en groter en groter!!!! Ek is so so sad om te laat weet ek het my eerste stretch marks! Op my boob! Ek wil huil!! Ek het so mooi gesmeer en het toe 2 weke toe ek n baie klein rooi merkie begin sien het, dadelik gery om Dermastine ten duurste (R280) te gaan koop asook bio oil, voorheen het ek net palmers stretch mark massage butter gebruik. Maar steeds het ek net nog 2 bygekry op dieselfde bors

maar nouja, ek hoop van harte my maag bly skoon (please!!!)
Ekt gisteraand ook begin oplet dat ek die lyntjie van my naeltjie af begin kry! Toe ek my man vra of hy iets kan sien het hy dadelik gesien, so dis nie net my verbeelding nie. Weird hoe ek daaroor baie opgewonde was?!
Ek gaan volg week woensdag vir my sonar by my gynae.. Baie opgewonde en wonder ook of hy gaan confirm dis n dogtertjie?? Ek sal 16w3dae wees. Die weke vlieg nou behoorlik verby.
Lekker naweek almal!
Xx