Ek verstaan wat jy bedoel Juanita.
Dh gaan laai hulle af soggens, ek gaan haal hulle smiddae. Dis naby genoeg dat hulle selfs kan stap, maar ek wil nie he hulle moet nie, ek is te paranoid.
Jaiq drink nogal baie, en sy is lief vir tee.
Soggens eet sy weetbix, dan drink sy 'n beker rooibos tee met melk. Dan midoggend na haar slapie kry sy rooibos tee of nesquik met melk in haar bekertjie, dan na middagete kry sy swart rooibos tee (sy kry een keer per dag helder vloeistof omdat ek glo dit help haar blasie). Dan weer na haar middagslapie kry sy rooibos tee met melk en dan saans voor sy gaan slaap kry sy weer rooibostee. Op warmer dae sal sy nog een beker rooibostee sonder melk drink, of 'n bekertjie nesquik of ice tea (appel geur).
Sy is lief vir tee, wil nie skoon melk(nie eers verdun nie) drink nie. Ook nie formula melk nie, sy spoeg die beker uit en gooi dit dat dit daar trek. Sy drink ook nie bottel nie, maar het haar direk van die bors af uit die beker uit laat drink. Sy kry ook nie 'n bottel of beker om mee et gaan slaap nie, maar kry dit eerder voor sy gaan slaap... voor ons bad, dan is dit drink, bad, bed.
Micayla se tande het baie vrot geword toe sy klein was en dit moes uit. Die tandarts het gese dis omdat sy met 'n bottel milo gaan slaap het. So nou is dit nou maar so dat ek paranoid is en Jaqi het darem haar dummy vir slaaptyd.