Sjoe, maar dit is stil vandag. Lyk my ons almal is hectic besig met alles hier op die einde van die jaar...
Ek vorder darem met die tafeldoeke, nie vandag so baie gemaak soos gister nie, want Luwan was meer besig vandag en ek het ander goed ook gehad om te doen! Nou-nou was ek besig met die 3de tafeldoek vir die aand, en toe verdomp breek my masjien naald...en kan ek my pakkie naalde kry??? Ek het nie 'n idee nie! Hy was in my naaldwerk kissie van die masjien, maar ja daar was klein handjies ook by my masjien! Nou moet ek maar vroeg more oggend gaan ek gaan naalde koop, sodat ek kan aangaan! My paln was om vanaand dit klaar te maak!!! Ek kry sommer die horries!!!
Luwan lyk of hy beter is. Hy was nie vandag koorsig nie, hy is net baie erg ma-vas. Hy en sy Pa ek vanoggend gaan shopping doen! Dit het my darem tyd gegee om bietjie goed intehaal! Dit was wonderlik!!
Marijke - ek weet nie wat om vir jou te se nie! Ek is ook in daardie situasie, maar my hart en kop het vir my gese om nog bietjie te wag tot Luwan so 3 is - dan sal ek dalk weer gaan werk - (weg van die huis)! Ek dink nie daar is 'n beter geskenk wat mens aan jou kind kan gee nie! Maar as mens moet werk om finansiele redes is dit ook reg! Maar as jy dit kan inpas en nogsteeds genoeg aandag aan B kan gee sal ek se "go for it"!
Nadia, hope you feel better soon!
Deja - jou foto's is stunning! Lyk of julle baie pret gehad het!!! Wens ek kan bietjie gaan ski!!! Dink Luwan sal baie van 'n boot hou!
Skitter - jou foto's is ook mooi! Ek is mal oor M se kleertjies en haar skoene! Water is 'n fantastiese speelding!!!! Luwan mors die hele wereld sopnat, maar dan speel hy eers lekkker!