Hallo Ladies!
I'm totally lost! I missed so many things this last few days!! Lol (27 new) since the last time I was here!
I scanned very quickly will go and read again!!
Tanz - Geluk, dit is wonderlike nuus!!!! Jy sien kans vir baie, maar ek wens vir jou 'n geseende swangerskap en 'n gesonde baba! Geluk ook met die tandjies!!
Skitter - Jou seuna is pragtig!!! Hy het die mooiste smile!
Chanz - jou seuntjie is net so mooi!
Lizel - jammer om te hoor dat C siek is! Hoop sy is Sondag gesond! Te oulik van Z, hulle se die oulikste goedjies!
Lindy - Amber Teething necklace - Ek het ook al gedink ek moet dit maar probeer! Maar party mense se ja dit werk ander se weer dit werk nie! Ek is raadop met Edrich, hy kry swaar met die tande! Wens hulle wil net uitkom!
Deja - Julle wat so gewig wil verloor... Wil julle nie van julle ekstra vetjies vir my stuur nie! Julle sal seker nou dink ek is mal, maar ek hou aan gewig verloor en my nr 30 dennim begin nou los sit...Dit is scary vir my!
Nou kan ek nie die ander goed onthou nie... Hallo aan almal!
Dit gaan goed met ons! Edrich was nou die laaste week bietjie siek! Hy het gastro gehad die langnaweek, dat ek hom dinsdagaand dr toe gevat het - hy was toe al semi gedihidreer. Gelukkig het hy toe opgehou opgooi. Maar ek kom agter, as hy pap eet, dan gooi hy so op. Ek dink dit is dalk die melk in die pap wat hom affekteer. Hy eet groente (pampoen) Sukkel met die tande, so daar is nagte wat ons nie baie slaap nie!! Maar dit beter as ons by die huis is! Hy het ook effens ekseen op sy wang, en ek het nou in die week die Acronkids babaprodukte begin gebruik en dit is wonderlik! Sy velletjie lyk baie beter!!
Luwan geniet die kleuterskool baie! Hy jom ook met allerande se goedjies! Ek het die naweek so gelag, want hy het sy hande gewas en die water was bietjie warm, toe se hy die watertjies is lekker somer!! As hy warm kry sy hy ook dis lekker somer!
Ek wil graag vir julle vra om my Facebook page (
www.facebook.com/FunStuff4Kids) te gaan like. Ek het 'n spesiale discount/voucher van R100 vir 'n gelukkige persoon (Trekking sal Begin Junie wees)
Ek heg vir julle die spesiale aanbiedinge aan vir hierdie week en vir die maand!!
Jammer vir die post in Afrikaans...Ai, ek was vanplan om in Engels te skryf!!