file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #11596 by Driekie
As dit die adres wys - kan mens nie probeer om die tel nommer in die hande te kry en te bel en te hoor of mnr of mevrou so en so beskikbaar is of so nie - jy kan mos in die aand rond bel wanner mense gewoonlik by die huis is.Skies dit klink stalker-rig maar ja ek sal so iets doen as dit my sussie sal beskerm!?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11592 by Lia
Ja, Driekie ek weet hoe mens is op daardie ouderdom en veral as jy verlief ook is. Dit maak my net meer bekommerd. Ek en my man het besluit dat ons sal doen wat ons kan om aan haar te verduidelik, hoekom ons bang is en hoekom ons dink dis verkeerd en dan moet sy haar kop stamp. Mens kan net soveel doen. Ek is self net so bietjie ooremosioneel op die oomblik, soveel gevoelens op eenslag.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11583 by Kriek
Hexy, dit wys nie met wie jy getroud is nie, ek het nou net myne gaan kyk, wys net married en die datum

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11581 by Lia
Wow Skapie, ja dit laat my dan wonder oor die Binnelandse Sake info. Maar is ek verkeerd om te dink die ou is te oud vir haar. Sy is maar net 23 jaar oud. Die man is 19 jaar ouer as sy en sy dogter is 5 jaar jonger as my sussie. Dit is net nie gesond nie. Dis plein weg net freaky.

Ek het met haar gepraat gekry, baie mooi gepraat, sy is baie kwaad dat ons in meng en ek het probeer verduidelik dat ons net omgee en ons is bang die ou misbruik haar net, maar sy gee net kort ja, nee, mmmm en whatever antwoorde. My man en sussie sien haar more oggend, so hoop maar sy sien ons punt in. My hart breek vir haar part en dis die magteloosheid wat dit so moeilik maak. Ek weet sy moet op haar eie voete staan en haar eie kop stamp, maar dis net te vrek moeilik om te te sien gebeur.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11580 by Driekie
Hello almal ek is weer terug - hi skapie- sjoe 12 weke al!!!!

Ansa - aiaiaiaiai dis n moeilike situasie - hou moed onthou more is Donderdag - nie meer ver tot Maandag nie!!!
Ek dink ons moet die gebedjie ding doen more!!!
O gats Anje - sterkte met daai ene!!!Ek gan vanaand met my pa praat en sal bietjie hoor, hy't jare by binnelandse sake gewerk..ek sal vir jou uitvind wat ek kan...ek dink vir nou is die beste wat jy kan doen net om haar te "steer" in n ander rigting,subtiel maar tog dat sy nie te vinnig te ver in n ding betrokke raak nie.

Julle Charlaine het my gesms - sy se dit gan goed, nie gese of sy getoets het nie. Maar Dr Strikdas wil haar blykbaar more-oggend dringend 6:45 sien. Sy se ek moet vir almal jammer se sy is mia - hulle kabels is gesteel so sy kan nie inlog nie - so sy se howzit vir almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11577 by Kriek
Anje, mens kry snaakse mense wat geskei is, ek vat van ons kliente wat geskei is kuier nog saam vir die kinders se onthalwe ens, ens, so dis moontlik dat hulle nog dieselfde adres kan deel, as dit natuurlik n posbus adres is, of praat jy van die straat adres. Jou sussie moet net een ding mooi besef, hy gaan sy vrou en kinders altyd saamdra, daar is altyd baggage, veral as daar kinders is, en hemel die dogter is amper net so oud soos sy. Maar weet jy, jy weet hoe is mens op daai ouderdom, sodra as wat iemand nou vir haar gaan se, moenie dit doen nie, gaan sy dalk net die teenoorgestelde doen. Bid maar oor die saak, en wees daar vir haar as sy seerkry

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #11572 by sexy~hexy
Anje, wys dit dalk met wie is hy getroud? Ek meen, dan kan julle mos die ou se vrou bel en uitvind of hy getroud is - 'n storie opmaak oor hoekom julle bel? Ek weet binnelandse sake is nie altyd te vertroue nie, maar in vandag se tyd kan mens nie te seker wees nie. Dalk is die ou wie hy se hy is, maar aan die anderkant is hy dalk regtig getroud en soek 'n jong bok vir 'n jol.

As jou sussie dan nog wil aangaan, dan weet jy ten minste jy het probeer.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account