More almal!
Dinge gaan so dol in my lewe en kan net elke nou en dan bietjie inloer - was skoon verbaas toe ek vanoggend sien ek is omtrent 10 bladsye agter!
My man het vanoggend gevlieg vir twee weke om in Marli te gaan werk. Dis vrek moeilik as hy so lank weg is - veral met 'n besige dogtertjie by die huis. Ek werk voldag en is maar moeg in die aande as ek by die huis kom en voel altyd of ek haar afskeep so tussen die gehardlopery om die volgende dag se tassie te pak en kos te maak.
Ek hoop dit gaan goed met almal vanoggend. Dis darem Donderdag - een daggie nader aan die naweek.
Waar bly almal? Ek bly in Benoni en wonder maar net wie is in ons area?
Ansa - ek hou vir jou so styf duimvas vir Maandag. Ek weet dit is moeilik om positief te bly maar ons is hier vir jou.
G-Baby - Wow, derde kindjie oppad! Jy is omtrent geseën.
Ek sal almal leer ken soos die tyd aanstap.
Shame, my stiefsus is nou 34 weke swanger en het nou geelsug. Haar galblaas of iets van so aard werk nie (verwerk nie gal nie) en dokter het gesê hul sal babatjie oor 2 weke moet uithaal.
My ander sus is nou 22 weke swanger het altyd baie erge endometriose gehad. Dokters het vir haar gesê haar kanse om ooit swanger te raak is maar min - wys net. Bly net positief dames! Ek dink nie hierdie maand sal my maand wees nie - my man is weg wanneer ek my 'peak' bereik.

Sal maar moet wag vir volgende maand.
Lekker dag vir almal!