file Oktober mammies 2010

15 years 9 months ago #144218 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal! Helene bly jy is terug na die rustige plaaskuier! Ons het jou gemis! Sterkte vir die hittegolf en pas julle op! O ja voor ek weer vergeet :blush: ek het jou pakkie gekry. Wat is jou gunsteling kleur? Lekker dag almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #144216 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo julle. ek is terug by die huis na n heerlike 10 dae op die plaas by my ouers. gelukkig het my selfoon geen sein gehad nie en daar is ook nie computers nie.

lance het hom gate uit geniet op die plaas. stefan drink maar nog net aan mamma.

Dankie vir almal smse gestuur het met die groot dae, ek waardeer dit baie.

ons kry vrek warm in die kaap. vandag was verseker 40+. ek hou maar die kamer se airkon aan, en hoop dat dit die res van huis ook afkoel. dis nou 12uur en ek sit en sweet hier in die kantoor. gaan nou stort en weer lekker in aircon kamer le.

gesels weer more.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #144208 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey julle, dink asseblief aan Annalize in julle gebede. Sy gaan op die oomblik deur ñ persoonlike krisis en het dit baie nodig. Sy groete vir almal! Rustige nag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #144100 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Anina geniet die vakansie! Gerne hoop julle het veilig gery! Hoop nie Ruben het dieselfde sand gogga byt as Henko nie! Sterkte! Elise bly jy is terug! Maré het ook gister sy 14wke ent gehad. Hy weeg al ñ hele 7,5kg! En is 65,5cm lank! Ralmarie geniet die modder spoortjies! Een van die dae is daar nog ñ paar by! Dan hardloop André saam met die ander rond! Elaine geniet Zita park! Sarah it's so nice when they start sleeping through at night! By the way, I am also going to try use the 0-3mnth vests till 6-12mnth fits. The Ackermans vests really do stretch! Especially the white ones! Carmen lekker cuddle! Ek het ook die olyfolie vir cradle cap gebruik. Dit werk baie vinnig! Maré slaap bietjie, so ek gaan naaldwerk doen. Gou 2 broeke maak. Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #144093 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
noudat ek terug is vandag is almal weg :-(

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #143923 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
Hey girlies I'm back

my man is vanoggend terug werk toe nogal sad gewees was nou so gewoont aan hom hier by die huis nou is dsit net ek en samantha weer en natuurlik die moomies

sjoe ek het julle gemis so bly ek kan nou weer chat dit sal weer my dae vul met vreugde lol

wel dit gaan baie goed met ons samantha is spek vet en gesond het gister vir haar 14 weke inspuitings gegaan hopelik word sy nie weer sao siek soos laas nie.

sy eet ook nou al n paar wekies pap en sy love dit en as ek nie op tyd haar pap gee nie raak sy sommer kwaad vir my can you believe.

sy is ook baie verlief op haar hande is 24/7 in die mond en begin selfs die tone mond toe vat dit is te sweet o ja en moenie vergeet dat sy geleer het hoe om hard te lag of te gil as sy aandag soeek nioe lol ek love dit vreeslik

ons is ook darem nog op borsvoeding en sy is nou op nan en nie meer s26 nie

nou wat het ek gemis met die ander babas en mammas en wat gebeur met ons kuiertjie?

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #143880 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal.

Sjoe ons swem behoorlik hier. Die huis is vol modder voetspoortjies. En natuurlik hondespore, ons het nog 'n German Shepperd hondjie gekry. (Maar ons gaan teel met hulle, so sy is 'n belegging en sommer 'n plesier vir ons.)

Andre het besluit hy suig nou sy tweede en middel vingers. Ek sukkel om dit uit sy mond te hou, moet dalk kouse probeer. En hy wil niks weet van 'n dummy nie. Verder is hy gesond. Hou net nie van regop sit nie, 'n regte ou babatjie.

Sarah glad to hear it is not serious and that she is doing well.
Gerne, hoop nie dis dieselfde nie.
Christa, bly Mare se oor is beter.
Carmen hoop die cradle cap was maklik af met olyf olie, ek moet dit ook nog probeer.
Anina geniet die vakansie.
Elaine ek hoop die son skyn in Pta,hier is dit bewolk met misreen.

Nou ja my internet is aan en ek wil chat, maar hier kom 'n ou van Jhb af CAMI installeer vir skool so ek moet gou spark en die huis regkry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account