Ag, sorry julle, ek skryf elke keer “boeke”...en hier gaan ek seker weer...ek sal try minder skryf, maar kan niks belowe nie! Anders moet julle maar ophou myne lees...

Hasie – ons gaan jou beslis mis! Spyt ons naweek braai het nie uitgewerk nie, klink of daar duidelik baie is wat ons 2 moet opvang.
Grenaat – hoe voel jy? Hoop jy’s al beter. Mia was ook 3 dae by die skool toe begin die snot neusie en van daar is ons al 3 maar heeltyd snot neuserig/verkoue/griep!

Bly jou man het gekry wat hom toekom. Ek haat ook die deur die stad ryery, maar jong, ek gaan sukkel om ’n ander pos te kry met die voordele wat ek hier geniet.
DF – when the time is right, it will happen! Hou vir jou duim vas al die pad. Geniet die oefen die maand! Hoop die depro wees is verby?
Bollie – bly dit was lekker. Wie se baby shower, Lara s’n? Ha-ha, like jou idee van Grenaat se man se salaris en my verlof, dit klink na die perfekte job! Sjaim, julle verhogings is regtig nie baie nice nie. En mens sukkel juis so om “voor” te kom met mens se geld. Jy’s lucky met die tande. Ons ook meeste van die tyd, maar die keer het ons gesukkel. Ek’t gister by poskantoor die Amber Teething Necklace gaan haal wat ek bestel het, nou sal ons maar sien of dit help.
Kwaaitjie – sorry, nog nie die foto’s gedownload nie, kom net nie daarby uit nie! Dankie, het toe Zyban Maandag begin, voel nog nie heeltemal ’n verskil nie (behalwe die drome wat baie “real” voel en daaraan is ek actually gewoond, maar dit voel nou meer “real” as gewoonlik!), maar ek bly positief, begin môre met 2 pille ’n dag en volgens my “datum” rook ek dan Sondag my laaste siggie VIR DIE RES VAN MY LEWE!

Ag, hoe oulik van Mare om alles so self te dra en doen, te kostelik!
Ons het Mia eergister op die enkelbed gelos toe sy aan slaap raak en gisteraand weer. Net toegepak met kussings op die bed en op die vloer ook. Dit het heel goed gegaan. Sy word steeds wakker deur die aand en huil, dan gaan lê ek of pappa maar weer by haar en slaap dan res van die aand/oggend by haar. Nou gaan ons haar maar op die enkel bed los, hoop dit help met slapery.
Skool gaan goed, dis net elke oggend ’n trane dal met aflaai, daarna speel sy tog lekker se juffrou.
Dink nie ek het nog iets om te vertel nie...!
Lekker aand vir almal.