More more dames, of is dit al middag.
Ek was vreeslik besig vanoggend en het nog steeds 'n lot goed om te doen, maar wou net gou kom hallo se.
Karin, geniet die reen !!
Beertjie, soos die ander al genoem het, as dr niks gese het nie is jy veilig met BD, ons liggame is so ontwerp, maar as jy enigsins seer het - Stop. PS: Ek dink omdat ek nie weet wat om te verwag nie, is ek self nie seker hoe dit voel as baba beweeg nie, maar ek is seker ek het al so 4 keer oor die laaste week en half iets gevoel wat moontlik baba kan wees, alhoewel almal se dis te vroeg, so weet nie. Maar nou wat Karen gepraat het van dit voel soos 'n sagte "poke" is ek meer seker dit was dit, want dis regtig hoe dit gevoel het. Ek wag maar nog en sien.
Jooste, ek was by Dr. Pentz, hy is 'n wonderlike dr !! Ek raai hom aan vir enige iemand.
Kan nie die res onthou nie.
O ja Slakkie, miskien is die lack om simptome goeie nuus. FXFXFXFX
Strikkie, lyk my jy wag nog vir AF, so ek hou styf duim vas vir jou ook.
AFM: Voel goed vandag, is lekker aan die gang. Lang storie kort, ek het gisteraand uitgevind my medies is gelikwideer maw ek het nie medies tot einde van maand nie. Begin darem die 1ste by Discovery - hoop maar net niks gaan verkeerd nie. Gaan nou al die scans en drs besoeke tot Jan self moet bt. Ai tog - gaan darem 'n lekker mediese bedrag he om teen belasting af te trek.
O en ek is skielik lus vir Melrose kasies - sal moet wag tot vanaand.