Ooooh Driekie...ek weet PRESIES hoe jy voel. Dis waaroor meeste van my en DH se fights gaan...hy wil saam pelle gaan kuier en hy weet hoe voel ek oor dit. Wanneer mans kuier is daar dronk by betrokke, en ek gee nie om as hy 'n drankie of twee drink nie, maar saam met pelle ruk dit hand-uit. Dan moet ek weer hoor ek vertrou hom nie bla bla bla. Maar ek doen dit nie, al wanneer ek uitgaan is ONCE in a while vir 'n koffie date saam 'n vriendin. Dan moet ek by DH hoor ja ek gaan so baie uit en hy moet altyd na Jayden kyk...dan se ek vir hom no way, wanneer ons gaan vir 'n koffie date moet ek altyd vir Jayden saam vat, want dan werk hy of hy slaap vir nagskof ens ens.
Ek sal ook seergemaak voel as my DH doen wat jy gedoen het, en ek sal dit nie daar los nie...ek sal aanhou karring en vir hom reguit se ek het uitgevind hy het gejok vir my en vir die mense en hoekom het hy dit gedoen. My DH het sy tyd vir jol gehad voor ons ontmoet het, ons is nou saam in 'n huwelik, ons doen dinge saam of bly by die huis