× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #84337 by Laliek
More julle!

Sjoe ek het glad nie lekker geslaap gisteraand nie, was al 10h00 in bed maar ek sukkel met bietjie lae rugpyn aan regterkant as ek op my sye le - ons hoop maar dis als goeie tekens. Die AF tipe pyne is nogsteeds daar ook.

Ansa ek verpese sulke zits - hulle pop altyd uit wanneer hulle nie moet nie!

Anje - daai baba van jou gaan nog vir BAIE lank bly, sterkte en ek is bly jy het jou kop skoon gekry. Wens ek kon ophou dink aan simptome en goed, en dit na ek myself belowe het ek gaan nie...ai ai

Hexy ja daai beddegoed is pragtig ne?

G baby jammer oor die ongeluk man, dit het al met my ook gebeur ha ha, ongelukkig op daai stadium het my kar baie meer skade gehad as die ou voor my :blink:

Julle ek sal weer so tussen in deur die dag inlog en kom hallo se en chat. Ek het soooo baie werk om te doen maar my oge wil nie saam werk nie :huh: wil net toeval

Lekker dag julle en chat later weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84331 by Goggatjies
Anje - ons verstaan heeltemal.
Baie sterkte, maar ek weet verseker jy gaan daai hartkloppie hoor volgende week

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84289 by Ansa_S
Hallo Anje!

Ek verstaan heeltemal jou gevoel, ek is seker ek gaan ook so wees wanner ek weer swanger raak, en dit omdat die 2 mc's so by mens bly!

Pieps so veel soos jy wil op die stokkie, en die week is darem amper verby!

Wanner julle gaan vir die scan en jy iets gaan sien, dink ek gaan dit totaal en al by jou insink!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84287 by G Baby
ANje-seker daai babatjie gaan sit. GLo en vertrou saam jou!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84285 by Ansa_S
Ai G mens kan sommer vies wees vir jouself as so iets gebeur! Darem is jy nie die enigste mens wat al so fout gemaak het nie!

Hexy gaan hou van die nuus wat jy nou vir haar gegee het!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84279 by Lia
More more dames, wou net vinnig kom hallo se.

Ek het nou nie opgevang nie.

Wil net se alles is nog ok hierdie kant, het laasweek Vrydag oggend laas krampe gehad. Toe dit opgehou het, het ek begin bekommerd raak, maar my kop in tussentyd reggekry. Ek vat maar dag vir dag. Ek kry nog baie ligte, weet nie hoe om dit te beskryf nie, trek pyne. Seker so 1 tot 2 keer 'n dag. Boobs is nog seer, maar nie so erg soos 2 dae terug nie. Geen ander simptome. Het my gisteraand verbeel ek het effens naarheid gehad, maar dit was so vlugtig, het nie tyd gehad om dit regtig te ervaar nie. Ek het wel konstante lae rug pyn - hanteerbaar, nie te seer nie. O, en ek word 1 keer 'n aand wakker om te gaan pieps, weet nou nie of dit ook net aansit en of dit werklik is nie.

My man het my herinner dat party vrouens op 5 weke nie eers weet hulle is swanger nie, so dit het my moed gegee en ek steur my nie te veel aan die "lack" van simptome nie.

Ek sien baie uit na volgende week !!

PS: Ek het vanoggend net vir die lekker op my laaste HPT wat ek gehad het gepieps en die tweede strepie het sommer dadelik duidelik verskyn. Dis so lekker gevoel, ek bly kyk daarvoor....lol. Ek dink dit begin insink.

Dis so onregverdig wat 2 MC's aan jou kop doen. Dis net verkeerd.

Jammer dat ek vir nou wegbly, sien net nie kans vir negatiewe nuus nie. Dis nie julle nie, dis my kop.

Soos ek se, ek is baie rustig, kop is nou weer reg aangeskroef en ons vat dag vir dag, maar kan nie wag vir volgende Donderdag nie.

Julle moet asb. bid dat hierdie baba vir 'n laaaang tyd nog gaan sit.

Jammer vir die lang post, geniet julle dag !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #84251 by G Baby
Hexy ek was ook naar met my dogtertjie laat middag en het my piek bereik 8 uur in die aand. tot op 12 weke het ek lekker katte geskiet en was vreeslik naar-ek glo natuurlik as jy naar is verwag jy heel moontlik 'n dogtertjie,dit was met my en 2 ander vriendinne die geval....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account