Okay girls...ek het so bietjie speurwerk gedoen, en wel, ek ruik 'n vieslike rot.....
Julle weet nou mos ons IUI kon nie voortgaan nie, want DH se sperms wou met die 2de inseminasie dag nie saamwerk nie (vorige dag was daar geen probleme nie). Toe jaag FS my die skrik op die lyf met alles wat met DH kan verkeerd wees, stop die IUI, en DH moet eers vir bloedtoetse gaan, (R1000 se bloedtoetse, mind you). Ek huil my dod en DH gaan vir toetse, maar bel sy eie dr (moer slim internis). Hy soek onmiddellik al die verslae. Nou maak ek die pakkie verslae op vir DH se dr, hier sien ek DH se bloedverslag van maart 2010 - met PRESIES dieselfde toetse reeds gedoen, en die uitslae normaal! Ergste van alles, FS het ook die verslag op leêr. Hoekom sal hy nou toetse voorstel as hy uitslae het (wat net 3 maande oud is). Ek is nou bitter ongelukkig. Want as die FS die IUI doen soos al die ander dokters (net 1 ipv back2back), dan kon ons dit beter getime het, en dan het dit al gewerk, want DH se 1e sample swemmers was 10-4. Want nou stel hy voor IVF? Iets is vir my bietjie dodgy.