More dames!
Ek moes nou blerrie baie bladsye opvang,

, so ek kan wraggies nie onthou van alles nie.
Beertjie - Hoeraa!! vir Team Pink! Jinne, ons loop nou al sowaar ver voor dink ek.

Pragtige naam ook, baie geluk.
Jooste -

jamme oor die bfp girl... het so gehoop dis die maand vir jou.
Anje - Sterkte met die naam kiesery... sjeez, dit was vir ons erg. Ek hou baie van Simone, Abigail, Kaylee.
Paisley - Sjoe, jou magie is sooo mooi!!! ... dis met 'n happy, sad gevoel wat mens onthou hoe ons vir jou gebid en duime vasgehou het, en hoe vinnig die tyd ook weer verby gegaan het...

So bly alles gaan so goed met julle!
Hexy - hoop jou grootman word gou weer sy ou self jong... dis aaklig as mens nie weet wat om vir hulle te doen as hulle so siekerig en af is nie.
Almal anders.. Strikkie, Slakkie, Driekie, Tienka, Ankia... Hallo!!!
AFM: Ek en Kiana doen baie goed, die naweek was 'n besige ene en ons het darm alweer 'n paar goedjies gaan koop vir haar.. maar jinne, ek het skaars klere vir die meisiekind! So ja, sal moet plan maak daarmee. Manlief het die houtkot ook weer uitgehaal en aanmekaar gesit gister .. hy se nou raak dinge "real"

Ek sien my pop weer Vrydag!

kannie wag.