Helloooo al die gesondetende dames!!!!!
Jong, wat 'n wipplank pad is dit nie, huh?
So moes ek gaan vir 'n LAP. Ek weet die oggend voor ek hospitaal toe gaan, want hul gaan my mos my gewig vra....ek dog toe nog ewe ek gaan seker nog 'n lekker kilo afval, want mens verloor mos gewoonlik gewig as mens hospitaal toe gaan...eet mos min....yeah right!!
Volgende dag (Skaars 24 uur later) neem ML my gou nie dieetkundige toe om te weeg en inspuitings te kry vir volgende 2 weke. Ek moes toe ook weeg....en raai wag!!! EK het in 24 uur 3kg opgetel!!!!!!
Dieetkundige se dit is van die gas en vog wat hul my ingespuit het....dit het my die HELE WEEK nou gevat om die verdomde 3kg weer te verloor....so dit sit my 'n week terug!!!!
Anyway, ek staan nou op 'n totaal 11.5kg!!!!
Ek al SOOOOOOO lus vir SUSHI. Ek het gese as ek 10kg verloor sal ek myself "treat" me sushi, maar nou is ek so bank ek tel weer 1 - 2 kg op dan is ek terug onder die 10gk target....
Dis is moeilik om mooi soet te wees hier by die huis (Afgeboek tot 30 Mrt)....sukkel om my 3.5l water te drink.....
Wel, ek sien dames is maar stil op die thread.....on almal sukkel maar en gaan deur ups en downs....ons met net aanhou en nie opgee nie....
Come on, we can dot it!!!!