file February 2014 Mommies :-)

12 years 11 months ago #243077 by Happyness1
Hallo Dames.

Hoop dit gaan nog goed met almal.

My detail scan het baie goed gegaan vandag. Dit is confirm 100% dogtertjie! :) Sy is 24cm lank en weeg 497gram. Haar voetjies is elk 3.87cm lank. Dokter sê sy gaan 'n fyn meisietjie wees :)

Hier is 'n fototjie... sorry kwaliteit is bieki sleg van selfoon af...
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 11 months ago #243069 by Izzels1
Replied by Izzels1 on topic February 2014 Mommies :-)
HI Almal!

Belinda, nog net 1 kg en jy is op 20 weke!? Ek kan dit nie glo nie!! Ek is baie jaloers, ek wens ek kon dieselfde se!! Ek hoop regtig aan die einde gaan my gewig stilstaan, maar eks bevrees ek hoop vir sneeu in die sahara.. haha!

Trudie, ek voel letterlik jou pyn, ek het presies dieselfde. As jy terug lees sal jy sien hier rondom 17 weke het my pelvic pain begin. Dit was baie erg en ek het gesukkel om te loop, om nie eens te praat van 'n drafstappie nie, dit was onmoontlik! Ek het nie geweet wat ek gaan doen nie!! Veral in die aande as ek omdraai in die bed was dit vrek seer! Wat baie vir my gehelp het was kegel excercises. Ekt in die kar dit gedoen as ek erens heen ry. Ten minste 3 x 'n dag. Die spiere wat versterk rondom die pelvis help om die ligamente te ondersteun wat nou verslap agv die relaxin.
Ook het ek begin oefen. Ek weet dit klink mal want ek het self gesukkel om te loop , maar ek het fiets gery( in die gym) en strek oefeninge. Ek kon regtig voeldit het amper weggegaan. Nou het ek vir 2 weke slap gele en amper niks gedoen nie en kan ek voel dit begin nou weer terugkom, veral as ek lank gesit het waggel ek soos 'n eend om net aan die gang te kom, want dis lekker seer! So ek weet presies hoe jy voel!! Probeer daai kegel oefeninge. Werk regtig baie goed!!
Hoe werk die fisio??

Sonar het goed gegaan en klein mannetjie is lekker besig!! Hy weeg nou omtrent so 550g :-). Hy skop sy ma dat my maag eintlik so spring. My man kon dit sien en voel darem vir die eerste keer noudie aand.

Lekker vrydag almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 11 months ago #243020 by Belinda3958
Hi Mammas

Sjoe julle almal se magies lyk so mooi!

Myne is nog klein. Eks al 20 weke maar lyk nie of hy meer wil groei nie. Ek het tot dusver ook nog net 1kg opgetel met die swangerskap. Het baie gestress oor dit maar my Gynea se baba se groei is reg so ek het seker niks om oor te stress nie. Wat ek moet by se is dat ek my eerste 15 weke gesuffer het met ''all day sickness'' en kan tot nou nog net water in my lyf kry.

Elke swangeskap verskil defnitief! My eeste dogter was ek glad nie siek, sooibrand en was baie klein. Met my 2de dogter was ek so groot soos n olifant maar niks naar ens. Lyk my met die een het ek als ingehaal wat ek gemis het met die eerste 2 maar gaan weer klein dra.

Izzels hoe was jou Gynea afspraak?? Ons sin is eers die 29ste :( nog n hele endjie!

Sjoe Trudie ekt nie eers geweet mens kan so iets kry nie en ai die Panado gan seker nie eers n verskil aan die pyn maak nie! Sterkte ek hoop jy voel gou weer beter! Mooi naam vir jul dogtertjie! Ons verwag ons derde dogtertjie so was nogal n stryd om op n naam te besluit.

Ons oudste dogter ( 7 Jaar in Maart 2014 ) is Katelynne Mckayla
Middel dogter ( 6 Jaar in Aug 2014 ) is Nicole Kylie
En ons het besluit op Danique Taylor vir baba

Julle moet almal jul naweek geniet! Ons gaan bietjie PTA toe die naweek om vir al die oumas en oupas te gaan kuier! Kinders geniet hul ouma en oupa groot altyd so baie en is so lekke om altyd na hul stories te luister!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 11 months ago #243005 by TrudieK
Replied by TrudieK on topic February 2014 Mommies :-)
Hi almal,
Dit gaan goed hier ook. Ek suffer net baie met Pelvic Girdle pain. Sommige dae kan ek skaars geloop kry so seer is dit. Al wat 'n mens daarvoor kan doen is fisio, so ek gaan so 1 keer 'n week fisio toe. Ek is nou 23 weke.
My volgende afspraak is eers die 24ste Oktober, maar het al klaar vir al die fetal assessments gegaa - sjoe maar dis lekker duur. Nou sien ek uit na ons 4D scan, weet nog nie wanner dit gaan wees nie. Ons naam vir sussie is Jade - was hierdie keer makliker om op 'n naam te besluit.
Geniet die scans en die dag!
Hier is my bump op 23 weke...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 11 months ago #243003 by TrudieK

12 years 11 months ago #242993 by Happyness1
More Dames!

Hoop dit gaan nog goed met julle.

Jul almal se boepies lyk so mooi! :)

Hier gaan dit goed behalwe dat ek vir die eerste keer in my lewe hooikoors het :dry: maar dit is darm iets waarmee ek kan saamleef :)

Sien verskriklik uit na ons detail scan more, so opgewonde om die gesiggie te sien!

Hoop jul almal het 'n lekker dag! ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 11 months ago #242892 by Izzels1
Replied by Izzels1 on topic February 2014 Mommies :-)
Belinda, Welkom terug!! :-)

Eerstens, baie geluk met jou nuwe dogtertjie! Ten minste gaan sy en har sussies vreeslike goeie maats wees !!
Ek kan nie GLO hoe goedkoop jul 4D scans is nie! Hier is definitief niemand hier wat dit vir so goedkoop doen nie, ek wens!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account