Skitter - Geluk!! Ek is seker jy is in die wolke oor die koms van jou baba seun!!!
Chanz - Thanks vir die update! Een van die dae is hy gesond en by die huis!!
Hier gaan dit aan...maar dis sowaar die laaste naweek alleen by die huis - ek kan nie meer Luwan alleen behartig nie. Ek is eintlik paniekerig wat ek is bang iets gebeur en wat doen ek dan. Klomp mense is op standby vir as ek dalk dringend moet hospitaal toe gaan, maar ek glo mens se man moet tog by die huis wees!! Ek glo nie ek gaan November haal nie! Die BH raak nogal erg met tye - voel of my maag wil afskeur van my lyf af.... Ek het vanmiddag saam 'n vriendin Papachinos toe gegaan, en sy kon die pyn in my oe sien... Dankie tog dat sy my kon help met Luwan, want hy was net onmoontlik! Toe slaap hy toe ek by die huis kom, dat ek bure gevra het om Luwan van die kar in die huis in kon bring...
NOu net met Leon gepraat en hy reken dit kan nie so erg wees nie - Hy reken Edrich gaan nog lank vat voor hy kom... Hoekom is mans so hardkoppig? Hy reken ek kan volgende naweek by sy ma'le op die plaas gaan kuier in Harties... 85km van Roodepoort af... Wat as iets gebeur daar en ek moet dringend hospitaal toe gaan?? (Daar is 'n baie slegte grondpad ook) Ag nee jitte, ek huil sommer...
Dink julle dalk ek jaag spoke op? Of sou julle ook bietjie paniekerig geraak het teen hierdie tyd?
Jammer oor my klaaglied, maar ek moet my vrees met iemand deel! Ek glo julle sal verstaan... Skies ook dat dit in Afrikaans is, maar as my hart seer is kan ek nie in Engels dink nie!!