file Julie & Augustus 2012 Mammas

14 years 10 months ago #217053 by zettie
Hallo julle welkom Dragonfly dankie ons sal vrae as ons nie weet nie.

My sonar was wonderlik Vrydag hartkloppie gesien.

Cisca boot was fine see was net baie rof.

Chana ek is baie bly vir jou sommer 2

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #217051 by ChaNa
More julle,

Hoop dit gaan goed.

Welkom Dragonfly ek is sooo bly ons het nog 'n mamma wat ons join. Dis ook my 2de baba en ek kan saam jou stem mens leer elke dag iets nuut maar voel sommer beter oor 'n hele paar dinge met die 2de een.

Ek was mos toe vrydag vir my sonar by die radioloe en kry toe die skok van my lewe julle.

Hulle het gesien dis 'n TWEELING!!!! Daar is 2 baie duidelike aparte vrugsakkies opi skerm. Die een sakkie het vrydag gemeet 6weke en 6dae en die ander sakkie 6weke en 2dae, so die enetjie is bietjie kleiner as die ander ene maar dis oraait wnt hulle se tweelinge is amper nooit dieselfde grootte nie, enetjie is altyd bietjie kleiner.

So ja mamma het vrydag aand eers stadig terug gekeer aarde toe hehe het vir so rukkie ini lug gesweef na die nuus.

Hoop julle almal het 'n lekker week wat voorle.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #216898 by Dragonfly
Hello,

Ek kan myself nie help om in tegeloer het nie. Ek het vroer vandag n toets gedoen en dit wys positief- sal sat gaan vir bloed toetse om te confirm.....
Die sal dan baba no 2 wees. 1ste ene is 14 maande so als is nog baie vars en ek sien kans....lol
Ek het gou al julle posts gelees- ek onthou die dae van net wil koop....hoopvol is dit nie so erg met no 2 nie.

Kan beslis se die angstigheid van of als reg is is nie malkiker nie. Ek het nie verwag ek sou so vinnig swanger raak nie, het 2 jaar gesukkel met Kayla. Het maar 2 maande terug my voorbehoepmidel laat verwyder. Het sondag woes geoefen- sit ups ect....gedoen, kayla het al n paar keur op my pens geval as sy speel terwyl ek op die mat by haar le.....ens. As als goed verloop sal ek bietjie meer versigtig moet wees....bid maar als is ok- 4 weke om te wag voor ek sal kan gaan vir eerste scan. As bloed toetse positief wys...eeeeek

Sal julle laat weet.

Sterkte met julle scans Vrydag.dis baie exiting.
As julle vra het, feel free, I'm no expert-leer elke dag nog,maar was mos darm nou ook daar deur.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #216588 by Cisca
Sjoe - daai is 'n goeie deal vir die bottels!!!

Ek is te bang om nou al goedjies te koop. Bang iets loop nog skeef. Sal seker beter voel as ons eers verby die 3maande merk is. Dan kan ek ook die werk vertel.

Het gister vir my 'n Yummy Mummy Tummy maag band by Baby City gekoop, en toe later die middag by Woolies ingestap, en toe het hulle presies dieselfde ding daar (obviously WW maak), maar 2 in 'n pak vir R20 minder as die een by Baby City. So nou gaan ek probeer om dit terug te vat. Maar babyCity gee mos nie 'n refund nie. So moet maar kyk vir iets anders.

Zettie - Sterkte vir jou boot trippie more!!! Hoop die see is nie so rof soos dit laas week was nie.

Oja , Ek het nou ook begin om my vitamiene in die aand te drink in plaas van in die oggend. Het gelees dat vitamiene pille in die oggend dalk jou ms kan erger maak, so ek probeer maar. Wil my amper verbeel dat ek beter voel vandag.

Lekker bly julle

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #216577 by zettie
Chan -Sjoe dit is goedkoop ek sal moet gaan kyk.

Ek gaan ook mos Vrydag vir my eerste sonar en kan nie meer wag nie :woohoo: super opgewonde.

Ons het saterdag `n Angel care baba monitor gekoop en `n bottel warmer kan myself nie keur nie.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #216565 by ChaNa
Goeie More Julle,

Hoop dit gaan goed met almal.

Jooste: Hugs girl xxxx

Zettie: Jyt ook mos gese jy gaan tommee tippee bottels gebruik, ek en manlief het toe vrydag middag na werk by baby city 'n draai gaan maak en kry toe die special van ons lewe daar. Ons loop na die tommee tippee bottel en ek tel die bottel op wat net 1 in 'n pak is en dit kos toe R79.99 wat dit normaal weg kos en ek hou hom in my hand om te vat. Manlief se kom ons kyk of daar pakke is van 2 of 3. Toe ons onder krap toe is daar wragtig 'n pak van 3 bottels wat maar R109.99 kos vir al 3 die bottels. Dit werk uit dan R36 'n bottel waar ek R80 sou betaal. So Zettie gaan kyk gerus by die baby city se special op combo x3 tommee tippee bottels.

Ek het vanoggend bietjie naar begin voel en het toe maar my droe toast geeet om beter te voel.. en ek het ook meer beginne piepie so die simptome beginne nou bietjie meer kop uitsteek.

Kani wag vir Vrydag se sonartjie nie, is soooo excited!!!

Hoop almal het 'n lekker daggie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #216313 by Cisca
Hi Julle

Zettie - baie baie baie sterkte vir jou bootrit volgende week!!!

Dit was aaklig gister. Die see was sooooooo rof, Een oomblik was ek nog fine en die volgende :sick: :sick: :sick: :sick: , het dit net betyds gemaak tot by die toilet!!!!

Nou is ek baie bly dat die gynie gese het hy gaan my 'n voorskrif gee vir ons cruise op die Melody in Januarie. 5 dae op 'n boot...... ek wil nie weer so voel nie. Maar ek moet se, ek was al op 'n groot skip, soos die Melody, en hulle het mos stabilisers en goed wat die beter maak, en toe was ek glad nie siek nie. Maar gister was net te erg!

Lekker naweek julle

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account