Jong Bella ons het daai selfde vragie gevra en gese ons gaan net close familie en vriende se en die res op so 10wke se na die sonar en ons die hartklop gesien het. Maar toe se ek en dh ons gaan maar almal wat ons ken (vriende en familie) vertel, want dan kan almal saam met ons bid dat die kleintjie klou.
Kyk al is die my 2de babatjie, wil ek ook net koop hoor

.
Bella as ek kan raad gee: Moenie goed soos kombersies, handdoeke ens koop nie wnt jy gaan baie van dit kry op jou babyshower en dan het jy te veel. Ons stock nou op op wet wipes en doeke, jy gaan dit baieeeee gebruik so begin gerus nou al opstock op dit, glo my maar ek het dit nie gedoen met ons 1ste ene nie.
Ek is lekker moeg nou en voel nie baie lekker nie. Ek was veronderstel om vandag op siek verlof te wees maar die werk het gevra ek moet inkom om net vinnig vanoggend ietsie aftehandel en dan kan ek ry, wel dis amper 3uur die middag en ek sit nogsteeds by die werk, so is sommer lekker pissed!
Bella: Het die dr Maandag 'n sonar gedoen? Kon julle ietsie sien al?