file Julie & Augustus 2012 Mammas

14 years 9 months ago #218056 by Bella11
Hi Zettie,

Wil net se ek is regtig baie jammer en hartseer oor jou verlies. Ons gaan jou mis hier in ons groepie. Moenie moed opgee nie.

Alle sterkte vir jou en jou man.

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217929 by Bona Dea
Hi Zettie

Ek het altyd baie aktief gechat, maar ons sukkel al meer as 2 jaar om swanger te raak, so ek "lurk" maar net die afgelope paar maande op die webblad. Ek lees gereeld die "sukses met vrugbaarheidspille" thread en raak moedeloos en bly saam met almal.

Ek wil net vir jou sê dat ek vreeslik jammer is om te hoor van jou slegte nuus! Groot drukkie vir jou!! Ek het nie raad of troos nie, behalwe om maar net mens se knieë wit te bid.

Baie sterkte! Hoop jy herstel gou liggaamlik en emosioneel sodat julle dit dalk weer 'n probeer kan gee!

xxx

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217909 by zettie
Hallo julle hoop dit gaan goed met julle almal en dat julle lekker vakansie gehad het. Met my gaan dit glad nie goed nie my hart in stukke Liewe Jesus het vanoggend my jellybean kom haal. Sterkte vir die res van jul swangerskappe :cry:

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217339 by Cisca
Baie dankie Hasie

Jammer ek is so still, vrek besig hier,

Loer oor die naweek weer in.

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217207 by Hasie.
More julle,

Skuus ek val hier in. Ek is nie swanger nie... Ek wou sommer check of Chana of Dragonfly weer iets gepost het. Toe lees ek nou van julle fetal anomality scans op 12 weke.

Zettie en Cisca, die fetal anomality scan waar hulle check vir down sindroom en ander afwykings word tussen 11 en 14 weke gedoen. Verkieslik tussen 11 en 13. Meeste gynies het verdere opleiding gedoen om die basiese scans self te doen en stuur jou dan net na 'n spesialis as hulle iets opmerk. So dit is moontlik dat jou eie gynie dit kan doen. Die gynies wat nie die verdere opleiding gedoen het nie, stuur jou direk na die sonograaf vir die scan. Zettie, jy behoort op 13 weke by so 'n spesialis alreeds die baba se geslag te kan sien, so jy moet voor daai scan besluit of jy wil weet of nie. Anders gaan hulle jou daar vra en jou op die spot sit om te besluit.

Kontak my gerus as julle meer inligting wil he oor enige swangerskap verwante issues en veral geboortes. Ek is 'n doula en gee voorgeboorte klasse.

Hoop julle het almal wonderlike swangerskappe! Geniet dit!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 9 months ago #217180 by Bella11
Hallo almal!!!

Jammer ek was so stil vir n ruk - baie besig gewees en my man se familie kuier hier, so moet nog entertain ook. Tussenin is ek so naar ek kan amper niks anders doen as le nie, maar dit gaan darem vandag n klein bietjie beter.
Chana, ek is SO bly vir jou!!! Dit is great nuus. n Dubbele blessing.
Bly dit het goed gegaan met julle scans.
Ek is by dr Rossouw by Stellenbosch Medi Clinic. Sal seker volgende week op 8 weke vir my eerste scan gaan, want is te vrek opgewonde om die hartklop te hoor, maar daarvoor gaan ek sommer na on GP. Sal op 12 weke na Rossouw gaan vir al die "groot" toetse.
Bly om te hoor dit gaan nog goed met almal.
Welkom Dragonfly!
Ek moet nou eers weer gaan le... Ek is so honger, maar tog ook so naar! Dis aaklig :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 10 months ago #217093 by zettie
Ek bang as jy wag tot jou 10 weke 5 dae afspraak jy nie betyds afspraak gaan kry by Engela nie want hulle is lank vooruit bespreek.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account