file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago - 16 years 4 months ago #25351 by Dassie
Hallo almal.

Ek sit met afskuwelike sooibrand vanoggend. Een kliënt het my ontstel en ek is so op my senuwees vir more se afspraak alles in my maag het opgeskuif na my keel. :unsure:

Morgan - Bly jy het so 'n wonderlike babyshower gehad! ;) :cheer:

Ansa - Nee man, moenie so huil nie! Ek dink hy het bedoel jy kan dalk PCOS hê. Dis dieselfde as wat ek het. Maar daar is pille en behandeling daarvoor so moenie bekommerd wees nie. Onthou selfs Posh Spice het PCOS en sy het 3 pragtige seuntjies. Ek dink glad nie dis ouderdom nie??!!! Hoe oud is jy? Vrouens kry dan nog babas tot in hulle 40's. En indien jy wel 'n groot probleem het sou ek aanraai dat jy sommer direk 'n FS gaan sien. Hulle is basies gynaes maar spesialeer in infertility en weet so baie wat gewone gynaes nie weet nie. Having said that, ek dink die is jou eerste maand op clomid? So gee dit bietjie kans.. Dit werk vir honderde mense met PCOS. Ongelukkig wat ek een van die 'unlucky ones' vir wie dit nie gewerk het nie, maar nou is daar 'n volgende stap wat ek kan neem en dis om 'n FS te sien. So daar is altyd hoop!!! Hugs.

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #25349 by Kriek
Goeie more almal, jis, maar ek het julle gemis Donderdag en Vrydag.
Ek gaan nie eers probeer opvang nie, het net op n page oopgemaak en toe sien ek van Paisley se BFP !!!!!! BAIE BAIE GELUK PAISLEY, dit is wonderlike nuus.
Bly julle girls het lekker gekuier, volgende keer join ek julle, ek is nog steeds jaloers :S
Nou ja, ek het n paar dae se werk om in te haal, dis seker maar die prys wat jy betaal as jy n paar dae afvat, ek gesels later weer.
Ansa, ek gaan jou gou pm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #25348 by Nelria
ansa - hoe oud is jy nou girl? en ja dit suck big time en is aaklig maar weet jy niks is onfixbaar nie en jy moet maar net glo en hoop dat dit sal uitwerk - ons wil altyd weet hoekom is ander se goed straightforward maar dit is nie an almal het obstruksies dis net om oor hulle te kom

so ja, huil, skree, vloek, tantrum en praat praat praat oor jou heuwel - maar weet jy gaan oor hom kom want jy is sterk, gelowig, en verdiendend van geluk so hou moed en jy het 'n stunning man wat jou sooooooooooo lief het dat julle 2 gaan binnekort terug kyk na daai heuwel en dink ok was dit nou sooooo erg

ek het met my ektopies en toe ek bykom me 1 eierstok vreeslik gekak en kerm en pity party en geglo thats end of road - toe kry ek lea

net rukkie later is ek weer getoets met down sindrome scare en sowaar duer dit gekom met gesondheid en normal lea ook

toe op haar geboorte toe wee getoets met blou baba en ons moes NICU oorleef maar 18mnde later kan ek teef oor hoe stout my kind is nie oor wanne kom sy nie :)

Location: Pretoria East
Little girl - Lea 11/11/08
Little boy - Xen 09/06/10

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #25344 by G Baby
AI ansa,jy moet moed hou. Kan nie dink dit kan jou ouderdom wees nie. Jy is nog jonk man! MY vriendin het dan nou op 41 babatjie gehad-en nie te veel gesukkel nie.
Daar is soveel wat hulle ook vir jou kan doen met medikasie as jou hormone laag is. dalk kan jy by goeie ginekoloog of Fs uitkom wat elke dag met hierdie tipe goed werk.
Sterkte dink aan jou!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #25340 by Hlise
More almal! Lyk my almal het 'n lekker naweek gehad.

Ansa - is dit nie dalk Endometriose nie (sorry, nie seker oor die spelling nie). My sus het dit ook gehad en hul het vir haar gesê sy het dit so erg dat sy nie sommer sal swanger raak nie. Sy het al van te vore ingegaan dat hul die blasies afbrand. Die laaste keer het sy besluit sy wil nou swanger raak en het vir 'n goeie skoonmaak gegaan. Sy het binne die volgende 2 maande swanger geraak! So, die dr's kan nie bepaal of sommer aantygngs gooi nie. Ons lewe is vir ons bepaal en ek is seker jy sal 'n fantastiese ma wees en dat ons Liewe Here vir jou 'n dierbare kindjie sal gee. Sterkte jong.

As my siklus reg is behoort AF more op te daag. My man was mos grootmaals die maand weg en dink nie iets sou gebeur het nie. Tensy by some kind of miracle 'n spermpie oorleef het 4 dae voor my peak tyd... Hierdie maand maak het wel plan. Ek begin nou vinnig broeis raak. :woohoo:

Stunning dag vir almal! kan ook nie wag om jul pics te sien nie. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #25325 by G Baby
Shame Nelria,sterkte met die verkoue-boost jouself maar met die vitamienes!!
Sterkte met jou Gine afspraak vandag,laat weet asb hoe dit gegaan het.
Zelri het ook besige dag saterdag gehad,sy was saam haar ouma en oupa bulletjie rugby toe(sien fotos op facebook) haar nefie het gespeel. Daarna was ek sy en boeta Mangela animal farm toe saam 2 vriendinne.
Daarna het vriende by ons kom eet-een paar het 3 dogtertjies en ander weer 2 seuntjies,my kinders was in ekstase oor al die maatjies.
Hulle was letterlik poegaai gister!

Iewers deur die nag is ek beroof van al my geduld en my iritasie vlakke is sky high....EK is omtrent omgekrap. As die freaking kinders ok net bietjie wil luister en iets vir hulle self wil doen. Maar ek moet ALLES doen,voer,aantrek,tandeborsel,kosblikke.

Askies vir die kla....nou nou voel ek weer sleg oor als en beter :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago - 16 years 4 months ago #25324 by Ansa_S
More almal,

Klink darem of jul die kuier geniet het. En dat jul naweek heerlik was.

So hier is die nuus van my

AF het vrydag meer geword en saterdag was sluise oop.

Gister middag toe ek en DH op bed le, bel my huisdokter, met die bloedtoetse se uitslae:

AL JA AL my hormone wat hul getoets het is baie laag. So daar is fout by my eierstokke.
Het vir dokter gevra wat kan oorsaak wees, hy het gese dit kan 2 goed wees, of blasies op my eierstokke (hy het geleerde naam gegee ek kan nie dit onthou nie) of net bloot my ouderdom wees.

Hy se dat AF toe begin het en ordentlik is darem 'n goeie teken. Moet more begin met clomid, dag 13 Pregnyl inspuiting, dag 21 progrestoroon toets.

Dokter se as dit die maand nie werk nie moet ek ginekoloog toe gaan, maar ek kan na 'n ander een gaan as ek nie na my oue toe wil terug gaan nie. Want die tyd raak min!!!!

Ek huil baie, is maar moedeloos en vrek bekommerd! Daar gaan so baie goed deur jou kop, van wat as ek nie kan swanger raak nie tot se nou net my man kan dit nie handle nie en ons huwelik kry 'n knou!

So hier sit ek met dik gehuilde oe, my ma het nou saam my gehuil, en 'n helse hoofpyn!

As dit blasies is sal hul dit moet stukkend maak, daarmee kan ek nog saamleef, want mens kan dit seker regmaak, maar as ouderdom die oorsaak is, dink ek is my kanse op kinders maar skraal!

So ek vra dat jul saam met my sal bid dat ek sal sterk bly en nie moed verloor nie!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account