More almal
Hoop julle het lekker geslaap en 'n lekker aandjie gehad. Ek het na gister besluit ek gaan vir Jayden na arbeidsterapeut vat, weer dinge by die dagmoeder gebeur (piepie in sy broek en bollie ook), iets wat hy nooit by ons huis doen nie. Al het dagmoeder hom gese om toilet toe te gaan het hy haar ignoreer. Nou weet ek nie wat dit veroorsaak nie? Het gisteraand ons Sycho woef in die huis laat slaap, op Jayden se bed, net om te kyk of Jayden dan meer sal uitsien na bedtime en sal deurslaap. Het op 'n manier gewerk, en ek is so trots op woef, hy het ons kom wakker maak om uit te gaan, en toe weer verder op Jayden se bed kom slaap

Hy en Jayden speel ook nou baie lekker saam, hy stoei met Jayden en kielie hom met sy snoet. Jayden was toe hy kleiner was niks impressed met honde nie, hy begin hulle nou eers geniet
So ja, ek wil maar net uitvind hoe om Jayden te hanteer (nie heeltyd raas en baklei en slaan nie), dalk is daar ietsie wat pla en kan dit gou opgelos word.