file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #22643 by Dassie
Ek hoop die bloedtoetse kan darem 'n paar antwoorde gee Ansa.

Is Paisley nie veronderstel om vanoggend te kom hallo sê nie?

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22639 by sexy~hexy
Ek het 'n afspraak gekry vir die 19de Mei 10h00 by ons plaaslike sielkundige. Sy doen speelterapie en kinderassesserings ook :) So my hart voel nou baie ligter, het nou 'n PVA :):)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22636 by Tienka
Hallo Ansa, dis 'n goeie ding dat jou dr jou hormone toets, daar is dalk iewers 'n wanbalans wat 'n spanner in die works gooi. Ons wag saam jou ongeduldig vir die uitslae!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22632 by Ansa_S
More almal!

Ek stem saam Heksie as mens nie weet nie moet mens gaan vra vir raad!

Julle my huisdokter het my toe gistermiddag gebel nadat hy met my ginekoloog gepraat het, en hy het gese dat ons eers 'n klomp bloedtoetse moet doen om te kyk wat die hormoon wanbalans is dat ek nie gemenstrueer het nie voordat hul my provera sterker maak.

Ek het nog heeltyd baie ligte bloeding, maar nie so dat mens huis iets moet gebruik nie, maar dokter se dit is veronderstel om 'n ordentlike vloei wees.

So was gister vir bloed, dink hul toets 5 goed, kan net 'n paar onthou:

Progrestoroon
Estrogeen
Skildklier
dan dink ek Lh en nog een of ander kode.

Sal uitslae seker more of maandag kry.

Huisdokter se as ek ordentlik begin vloei deur die verloop van die naweek gaan ons aan met die beplande behandeling.

Ek sal maar kyk wat is die uitslae en dan by Dr Roodt 'n afspraak maak dan kan ek sommer al hierdie uitslae saamvat dan hoef hy dit nie te doen nie. :unsure:

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22627 by Tienka
Ek stem Hexy, jy kannie net agteroorsit as jy kan sien jou kind sukkel met iets nie. Ek is bly jy gaan nou by die regte persoon uitkom. Baie sterkte, ek hoop julle kan hom sommer gou uitsorteer. Hy is maar nog so klein.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22612 by sexy~hexy
Dankie Tienka, ek het nou met die een tannie gepraat, sy is 'n spraakterapeut, en na ek haar my situasie verduidelik het, het sy genoem sy sal voorstel ons gaan na 'n kinderterapeut, 'n arbeidsterapeut is meer vir dinge soos oog en handkoordinasie. Sy gaan my kontak om nrs deur te gee, ons bly mos maar hier in die middel van nerens, so die meeste dokters is ver. Ek voel darem nou beter, as 'n ma wil mens net die beste vir jou kind he, en al moet jy as ouer dan leer hoe om jou kind se situasie te hanteer (as ouers is ons mos te trots, want dan dink ons dit wys ons weet nie hoe om ons kinders groot te maak nie), dan doen ons dit. Ons is almal ook net mense wat foute maak, en omdat my Jayden regtig so 'n sensitive soul het, wil mens dit nie afbreek of beskadig nie :) Hy is maar net 'n ou seuntjie wat seuntjies goed doen, maar partykeer het ons almal leiding nodig :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #22598 by Tienka
Goeie more julle, ek het hoeka vanoggend oppad werk toe gedink dat ons 'n plan B ook moet kry vir ingeval dit reen. Woodlands is reg met my.

Hexy, as sy gedrag verander het dan sal ek hom ook vat vir evaluasie. Daar is duidelik iets wat hy nie weet hoe om te hanteer nie. Shame man, sterkte!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account