Hexy...my eerlike opinie (onthou ek het nie kinders nie). Ek gaan nou op 'n paar tone trap, maar soos ek sê: dis my opinie en julle is welkom om te verskil....
Arbeidsterapeute is beroepsmense, soos enige ander, en maak 'n bestaan uit behandeling van mense. Daarom dink ek dat die moontlikheid bestaan dat 'n erkende toestand by Jayden gediagnoseer gaan word, sodat die arbeidsterapeut hom kan behandel (en geld verdien om 'n bestaan te maak). MAAR, die toestand is dalk van so aard dat dit self kan weggaan, of so "mild" dat dit negeerbaar is. Ek voel as 'n mens 'n kind te vroeg begin blootstel aan terapie (tensy dit uiters uiters nodig is), dan voel die kind daar is iets fout met hom en word minderwaardig of mens wakker ander sielkundige responses aan. Ek dink 'n mens moet 'n kind vir skoolgereedheid laat toets net voor hy skool toe gaan, voor dit moet hy 'n kind wees en speel. Tensy daar nou iets drasties fout is (wat ek twyfel die geval by jou seun is).