file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #14752 by Dassie
Dankie julle.

More aan almal.

Voel darem beter vandag. Ek het soveel om voor dankbaar te wees in my lewe.

Dis koud in die Kaap vandag. Ons het vir die volgende 3 dae reën volgens Mnr Weerman.

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14710 by Driekie
Hi Marie en Hlise - groot drukkies vir julle ook!!!

Verder More More almal wat nog moet inlog!!!!!
Ek is op CD22 vandag en dit gan heel goed!!
Vanoggend word ek sommer aangekyk of die kat my ingedra het en even al het ek eerste gegroet - word ek nie eers gegroet nie...
Gelukkig weet ek wie my vriende is en wie my waardeer :cheer: - thanks julle!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14705 by Driekie
Hey Dassie - skusie Dolla - ek het nie n idee waardeur jy gan nie - maar ek stuur vir jou n bossie van God se Genade toegedraai in lint van Sy Liefde vir jou en n stywe drukkie om jou so bietjie op te beur!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14676 by Hlise
Ek stem Dassie - jy gaan eendag aan die tyd in jou lewe terugdink en dit gaan kortstondig voel. Ek glo, hoop en bid dat jy sommer gou jou PVA sal kry. Ons is almal hier vir jou en stem saam Marie R, op die forum kan jy mos jou hart uitpraat. Ek stuur vir jou 'n drukkie om jou deur die dag te kry. xx

Hoe gaan dit met die res? Ek dink ek is besig om te ovuleer maar aangesien manlief weg is, is dit maar 'n waste die maand.... Gelukkig of hopelik gebeur ietsie volgende maand. Dit lyk of my siklus weer 28 dae is. Sal maar moet wag en sien volgende maand. Tot dan is jul hier om my geselskap te hou om verby die laaaaaang maand te kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14669 by marie r
Ai Dassie. Jy gaan een van die dae n babatjie in jou arms vashou. Voor jy jou oë uitvee. Op die 18 Mei gaan julle 'n PVA kry.

Jy hoef nie jammer te sé dat jy dit met ons deel nie. Dit is mos waarvoor ons almal hier is. Ons help mekaar deur die hele TTC ding kom en een van die dae kuier ons almal saam met ons kiddies.

Hoe gaan dit met al die ander dames vandag?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14606 by Dassie
Dis weer een van daai dae. :unsure:

Ek sit en dink terug aan my miskraam. Aan wat alles kon gewees het. Aan die einde van 'n droom. Die begin van my infertility.

Ek weet die Here gee my krag om deur al die hartseer en swaar te kom, maar partykeer voel my hart so so swaar.

Ek sien babas op tv, familie se babas, vriende se babas, en elke keer kry ek so 'n stekie in my hart.

Dit voel of ek nooit gaan swanger word en baba he nie. En dis die aakligste gevoel in die wereld.

As dit nie vir my geloof was nie, sou ek heeltemal verlore wees.

Jammer julle, hierdie paadjie is nie maklik nie en wou dit net deel.

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #14577 by Driekie
OKE BYE - WOU NET MY 200 POSTS SIEN!!hehehe :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account