Goeie More almal!
Dassie (((((hugs))))))!!!!!!!!!!!!!!!
Ek moet se om baba's op tv of in lewende lywe te sien het my ook nog nooit harsteer gemaak nie, maar ek moet se dit begin ook nou so effens aan my te vat!
Dokter het my toe gistermiddag gebel, toets is negatief, so hy se dat alhoewel my progrestoroon toets gewys het ek ovuleer, was ek net net oor die merk gewees so dan het ek nie geovuleer nie of dit was net 'n baie baie swak ovulasie.
Het vir my provera voorgeskryf wat ek 2x per dag moet drink, en dan het ek clomid ook gekry wat ek dan van dag 5-9 moet drink as my siklus begin.
SO aan die een kant is ek opgewonde en aan die anderkant is ek benoud want my siklus was nog nooi laat of weg gewees nie so nou wonder ek hoekom sal ek nou ewe skielik nie geovuleer het nie. Hoop maar dis die hormone van die 2 miskrame en die skraap.
Het sommer gister al 2 pilletjies provera gedrink, was nog nooit so opgewonde vir AF om op te daag nie. Clomid is die 50mg wat ek moet drink.
Ek het vandag 'n gawe hoofpyn, seker maar al die hormone en stuff wat deurmekruis is!